AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Haal buiteband in japtrap af

Moeg gesukkel op buitebande van vellings af te haal? Hier is 'n antwoord.

Soos enige boer sal weet, is dit nie 'n maklike taak om 'n buiteband met 'n bandligter van 'n velling af te haal nie. In baie gevalle is dit weens afstand ook nie prakties om dorp toe te ry om dit te láát doen nie.

Moeg gesukkel op buitebande van vellings af te haal, het mnr. Tiaan du Plessis van die plaas Wagnou in die distrik Gobabis, Namibië, besluit om sy eie druktoestel te bou om buitebande mee af te haal. Dit kan boonop vir ander perswerk gebruik word.

Hy het 'n ou velling van 'n vragmotor as basis vir die toestel gebruik. Aan die basis het hy 'n gedeelte van 'n ou ewenaar, met die kant-as daaraan, vasgesit. In die bokant van die kant-as het hy 'n metaalbasis met 'n gat met skroefdraad daarin vasgesweis sodat die oorspronklike wiellaer en wieldrom steeds daarop kan draai.

Du Plessis het 'n lang bout in die metaalbasis in die kant-as ingedraai. Hy het 'n ronde plaat met twee handvatsels van ronde ysterstafies gemaak. Die plaat pas om die staalbout en word gebruik om die buiteband teen die wieldrom vas te draai.

Die raamwerk van die pers bestaan uit twee horisontale en een vertikale spoorstaaf wat reghoekig aanmekaar gesweis is. Die hoeke is met hoekyster versterk. Die onderste, horisontale staaf is aan die wieldrom vas.

Hy het 'n kanaalagtige stukkie yster ontwerp en vasgesit bo-op 'n domkrag met 'n vermoë van 15 ton. Dié yster skuif netjies oor die onderste deel van die boonste spoorstaaf om seker te maak dat die domkrag nie uitval nie.

Aan die sykant van die domkrag het hy 'n stukkie vierkantpyp gesweis. Dit het twee gate van 6 mm in die middel sodat 'n pen daardeur gedruk kan word. 'n Soliede vierkantige ysterstaaf, waarin gate geboor is, pas binne-in die vierkantpyp. Aan die onderkant van die ysterstaaf het hy 'n stukkie van 'n wielring vasgesweis. Daarmee word die band van die velling afgedruk. Die doel met die gate in die ysterstaaf is om dit op of af te skuif na gelang van die grootte van die band.

Vir ander perswerk het Du Plessis perskoppe van verskillende groottes gemaak uit pyp wat hy aan die een kant toegesweis het.

Aan die ander kant van elke kop is 'n metaalbasis met 'n gat met skroefdraad daarin. Die kop draai in die skroefdraadgedeelte van 'n bout in wat hy aan die onderkant van die domkrag vasgesweis het.

  • Navrae: Mnr. Tiaan du Plessis, tel./faks 09264 62 56 7302, of Posbus 860, Gobabis, Namibië.

    3 Desember 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.15
    +0.9%
    Rand - Pond
    22.32
    +0.5%
    Rand - Euro
    19.76
    +0.5%
    Rand - Aus dollar
    12.18
    +0.4%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.6%
    Platinum
    987.23
    +0.2%
    Palladium
    1,436.05
    -0.5%
    Goud
    1,983.38
    +0.7%
    Silwer
    23.11
    +0.6%
    Brent-ruolie
    76.69
    +1.8%
    Top-40
    70,008
    +0.4%
    Alle aandele
    75,512
    +0.4%
    Hulpbronne 10
    65,093
    -1.0%
    Industriële 25
    102,550
    +0.8%
    Finansiële 15
    15,404
    +0.8%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
    Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
    Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
    Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot