Daarby is daar die alewige gevaar dat iemand 'n hek kan ooplaat. Baie boere het al vee en wild op dié manier verloor.
'n Vindingryke plan kan hierdie soort frustrasie die ewigheid instuur. Mnr. Geoff Lomas het 'n plaashek ontwerp wat oop- en toegaan sonder die hulp van 'n mens.
Dit is 'n swaaihek wat soos 'n gewone hek lyk, maar waarvan die ankerpaal vervang is met 'n meganisme wat swaartekrag gebruik om die hek te laat beweeg. Wanneer die persoon by die hek stilhou, sluit hy 'n slotmeganisme soortgelyk aan 'n interkom oop en trek 'n knop uit om 'n trapplaat in die grond te aktiveer. Die persoon ry dan tot op die trapplaat wat die hek laat oopswaai en dit op knip hou. Daarna word die aantal asse van die voertuig getel deur 'n meganisme terwyl dit deur die hek beweeg. Aan die ander kant van die hek is 'n tweede trapplaat en wanneer dieselfde aantal asse hieroor ry, sluit die hek vanself. Die hek kan ook deur 'n voetganger gebruik word indien hy of sy die sleutel het.
28 November 2003