AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Honderde ou trekkers brul saam

Suid-Afrika se veteraantrekkereienaars het 'n wêreldrekord opgestel toe hulle onlangs met 730 trekkers gelyktydig op een land geploeg het. Dit verbeter Australië se wêreldrekord van 299 trekkers wat verlede jaar opgestel is.

'n Magtige dreuning het op 20 April nuwe betekenis gekry by Sandstone Estates by Ficksburg in die Oos-Vrystaat toe 'n stowwerige nuwe wêreldrekord opgestel is. Altesaam 730 veteraan- en antieke trekkers het gelyktydig op een land geploeg en daarmee die Australiërs se neuse behoorlik in die grond gevryf.

Met brullende enjins en 'n al hoe groter wordende stofwolk was dit gou duidelik dat enigeen wat die rekord wil verbeter, 'n byna onbegonne taak sal hê. Die trekkers het 'n land oor 'n breedte van byna 2 km gelyktydig bewerk.

Nadat die eerste poging in 1999 by Sandstone Estates van 103 veteraan- en antieke trekkers as 'n Guinness-wêreldrekord erken is, het die Aussies dit verlede jaar in Nieu-Suid-Wallis tot 298 ver

beter. Dit het die organiseerders van die eerste byeenkoms dadelik aan die werk laat spring om die Great 400 Working te reël. Die oogmerk was om minstens 400 veteraantrekkers gelyktydig te laat ploeg.

Die belangstelling in Suid-Afrika onder versamelaars en trotse eienaars van gerestoureerde trekkers het egter alle verwagtinge oortref. Altesaam 866 inskrywings is vir die byeenkoms ontvang. Van hulle het 730 uiteindelik dié epiese ploegsessie voltooi.

Belangstelling van die publiek in die byeenkoms was só groot dat motors tot 15 km ver in 'n tou gestaan het. Dit het veroorsaak dat die groot poging met anderhalf uur uitgestel moes word om die mense kans te gee om by Sandstone se hekke in te kom.

Die reëls het bepaal dat elke deelnemer 'n werktuig wat net so oud soos die trekker is, minstens 25 m ver op eie stoom moes trek. Die meeste het dit met vlieënde vaandels reggekry en nog omgedraai om te wys hul blus is nog lank nie uit nie.

Wêreldwye belangstelling vir die aanslag op die rekord het besoekers van lande soos Kanada, Amerika, Ierland, Wallis, Skotland, Brittanje en Australië gelok. 'n Versamelaar van Zimbabwe het ook sy pragstukke gebring om deel te neem. Mnr. Allan Harris van Australië, wat ook deel van die Australiese rekordpoging was, het twee van sy trekkers na Suid-Afrika gebring.

'n Internasionale groep, wat met vakansie in Suid-Afrika was as deel van 'n internasionale toer, se program het die ploegkompetisie ingesluit. Van dié besoekers het ook as trekkerbestuurders deelgeneem. Twee van hulle is mnre. Victor en Mervyn Getty van Belfast, Noord-Ierland. Victor, 'n boer, is self 'n ywerige versamelaar van veteraantrekkers.

Name soos Bulldog Lanz, Farmall, McCormick Deering, Field Marshall, John Deere, Vaaljapie, Gibson en elke denkbare bekende en onbekende naam was te sien.

Van die skaars trekkers wat in aksie was, was 'n Emerson Brantingham Big 4-30 van 1911 die grootste wat afmetings betref. Met wiele van hoër as 2 meter is dit 'n indrukwekkende masjien wat 'n paar ton weeg. Ondanks sy grootte lewer die enjin net 22,4 kW (30 pk.).

Dié trekker is van Amerika ingevoer en is net betyds vir die groot geleentheid opgeknap. Die werk het 'n terugslag gekry toe 'n bakkie met onderdele gesteel is. Die restourasiespan, met mnre. Neels Booysen en Charles Viljoen aan die stuur, het egter die vermiste onderdele self vervaardig en die ou grote was betyds reg om sy deel te doen.

Een van die skaarsste trekkers, 'n Rumely Oil Pull 30-60 Model E, het veral baie aandag getrek. Dié trekker, die eiendom van Sandstone Estates, is waarskynlik in 1912 gebou. Meer as 3 200 van hulle is tussen 1910 en 1923 gebou. Met sy drywing van 37 kW (50 pk.) (dit het 'n tweesilinder-enjin met 'n suierdeursnit van 250 mm (10 duim) en 'n slag van 300 mm (12 duim) kan dit met gemak 'n agtskaar-ploeg trek. Dit het een rat vorentoe en 'n maksimum snelheid van 2 km/h.

Die welslae van dié trekker was deels aan sy groot verkoelingstoring te danke. Die trekkers het oor baie jare diens gedoen ? langer as die meeste mededingers, maar 'n neiging na kleiner trekkers het die einde van die ou "Prairie Busters" beteken.

'n Fowler Lion type Crane Engine, 'n reuse-stoomtrekker wat met 'n hyskraan toegerus is, ook die eiendom van Sandstone Estates, het eers aan die De Beers-maatskappy in Kimberley behoort. Dit is oorspronklik in 1902 deur De Beers ingevoer vir sy mynbedrywighede. Dit het 26 jaar gelede deel van die Kimberleyse Mynmuseum geword.

In 1920 het De Beers besluit om dit nie meer te gebruik nie. Met baie geduld, smeermiddels en die hulp van 'n moderne groot trekker is die ou grote se wiele weer ná 80 jaar aan die draai gekry. Dit is ook net betyds vir die groot byeenkoms gerestoureer. Dié trekker kan meer as 80 ton sleep.

Die meeste van hierdie ou trekkers behoort aan Sandstone Estates waar hulle met groot sorg gerestoureer word. Buiten die groot versameling ou trekkers, het Sandstone ook die grootste versameling smalspoor-lokomotiewe en -treinwaens in die land. Een van die lokomotiewe, 'n Lawley wat in 1895 gebou is, is die enigste in sy soort wat nog werk. Die treine word op die plaas gebruik vir die vervoer van graan, kunsmis, ens.

Buiten dié oudstes van die oues was daar ook honderde veteraan- en antieke trekkers van trotse private restoureerders - boere en ander liefhebbers van oor die hele land wat baie ure aan hul liefhebbery bestee het. Stories van hoe geraamtes van trekkers onder bome raakgeloop en tot hul eertydse glorie herstel is, is volop.

Talle hou hul trots dop en staan gereed met 'n lap om die stof af te vee. 'n Groep geesdriftiges, die Natalse Veteraantrekker- en Masjinerieklub het die hele pad van Pietermaritzburg af met hul trekkers tot by Sandstone gery. Hulle was drie dae op die pad en het net enkele klein probleempies ondervind.

Die geesdrif vir ou trekkers word duidelik van geslag tot geslag oorgedra. 'n Vrystaatse oupa van Lindley, mnr. Piet van den Berg, sy seun Kobus en kleinseun Pieter het elk een van oupa se nege McCormick's bestuur.

Om sout in die Australiërs se wonde te vryf, het mnr. Keith May, skakelhoof van die Britse maatskappy World View Investments, wat die landgoed beheer, mnr. Vic Muscat van die Yass-klub vir antieke plaasmasjinerie in Australië gebel en laat luister hoe die kanonskoot klap en die trekkers dreunend wegtrek. Dit was dié klub wat Suid-Afrika se rekord tot 298 trekkers verbeter het. Nou lê daar vir hom harde werk voor.

17 Mei 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot