AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Inlaatwaterklep stop vermorsing

'n Eenvoudige, dog unieke water-inlaatklep maak 'n einde aan verstoppings en waterverspilling by krippe en damme.

'n Boer het uit radeloosheid 'n eenvoudige, dog unieke water-inlaatklep ontwerp wat 'n einde gebring het aan verstoppings en waterverspilling by krippe en damme.

Ná jare se gesukkel met aanhoudende verstoppings, vermorsing en skade by sy waterkrippe, het mnr. Frans Venter van Swellendam begin eksperimenteer met tuisgemaakte waterinlaat-beheermeganismes of -kleppe, prototipes begin bou en vorendag gekom met 'n eenvoudige, dog doeltreffende meganisme wat vinnig al sy probleme opgelos het en hom boonop baie geld gespaar het. Dit was die geboorte van sy nuwe tipe water-inlaat-beheermeganisme of -klep wat hy Supa-Valve gedoop het. Venter, voorheen van die plaas Schuinshoogte by Broedersput in die Vryburg-distrik, sê die grootste voordele van die meganisme is dat dit nie verstop nie, groot volumes water kan lewer, min spasie in beslag neem, nie lek nie, nie roes nie en veelsydig en meerdoelig is.

Hy maak gebruik van die ou beproefde standaardbalkraan uit Italië, 'n bottelvlot, 'n paar PVC-hegbandjies, 'n PVC-elmboog en 'n heeltemal nuut ontwerpte vlekvrye staalarm om die watervloei te beheer.

Hy sê die ou konvensionele tipe balklep, asook die nuwer modelle op die mark, maak almal van 'n stoot-en-druk-beweging gebruik. Daarvolgens druk die stygende watervlak 'n vlot of bal opwaarts om die opening van die invloeiende stroom water na 'n krip of tenk toe te maak. Dié metode het egter 'n beperkte vermoë om volume en druk doeltreffend te hanteer. Daarenteen word in sy meganisme 'n standaardbalkraan gebruik.

Hoe werk dit?

Die stygende watervlak druk die vlot opwaarts en die vlot druk op sy beurt die vlekvrye staalarm op wat aan die balkraan se draai-as geheg is. Dit veroorsaak dat die bal van die balkraan die invloeiende stroom geleidelik afsny soos die watervlak styg. Die draaiende bal-aksie se grootste voordeel is dat dit feitlik enige druk en volume doeltreffend kan beheer. Die groot opening van die balkraan wat gebruik word (20 mm [3/4"] of groter) maak dat dit onmoontlik is vir korrelagtige onsuiwerhede om die inlaat te verstop. Só word 'n onbelemmerde invloei verseker. Die groot opening sorg vir 'n vinnige invloei en hervulling van die krip of tenk. Drinkwater is altyd genoeg en diere hoef nie by 'n leë krip rond te staan nie.

Die hele meganisme is kompak - net meer as 300 mm lank, teenoor bestaande balkleppe se meer as 600 mm. 'n Kleiner deel van die krip is dus onder 'n kripdeksel, wat meer drinkspasie bied.

Vir gebiede waar waterkorrosie 'n ernstige probleem is of waar die temperatuur tot onder vriespunt daal, is die balkraan ook in vlekvrye staal beskikbaar vir 'n lang lewensduur. Die kraan van vlekvrye staal kan temperature van - 30 grade C tot 230 grade C hanteer (afhangende van die druk).

Die vyf onderdele van die klepmeganisme kan elk afsonderlik vervang word, wat onderhouds- en herstelkoste laag hou.

Baie tyd word bespaar omdat roetine-inspeksies by waterpunte drasties verminder kan word.

Die gewildste grootte in die reeks maak gebruik van 'n 20 mm-balkraan van koper-brons (die kraan is ook in vlekvrye staal beskikbaar), 'n 2,5 liter bottelvlot wat gedeeltelik met sand gevul is, ses PVC-hegbandjies, 'n PVC-elmboog en die spesiaal ontwerpte arm van vlekvrye staal. Die arm is standaard by al die modelle.

Die geheim van die Supa-Valve lê daarin dat daar 'n balans is tussen die nodige afwaartse swaartekrag, die opwaartse stygdrukkrag en die beweeglikheid van die balkraan-meganisme nadat aanpassings aan die balkraan gemaak is.

Die klepmeganisme kan in feitlik enige grootte verskaf word om te voldoen in die spesifieke behoefte van die boer of nywerheid. Melkboere gebruik byvoorbeeld graag die 30 mm-model wat vinnig groter krippe met groot volumes en druk kan hervul, sê Venter. Die klepmeganisme kan by damme en opgaartenks gebruik word en kan ook die vloei van ander vloeistowwe, soos olie in nywerhede, beheer.

Die nuwe klepmeganisme sal eersdaags by sekere landboukoöperasies beskikbaar wees, sê Venter.

  • Navrae: Mnr. Frans Venter, sel 082 483 8249, of mnr. Andre Botha, sel 082 455 2798.

    Wen 'n Leatherman

    Hier is nog goeie rede waarom jy aan "Boer met 'n plan" moet deelneem. Afgesien van die kontantpryse wat maandeliks toegeken word, gaan die twee maandwenners van nou af ook hierdie duursame en nuttige mes- en gereedskapstel met die komplimente van Awesome Tools in Durbanville ontvang. Moet dus nie langer wag nie; laat weet ons sommer nou van daardie blink boereplan.

    5 Augustus 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.09
    +1.1%
    Rand - Pond
    22.30
    +0.6%
    Rand - Euro
    19.71
    +0.8%
    Rand - Aus dollar
    12.16
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.14
    +1.0%
    Platinum
    982.42
    -0.3%
    Palladium
    1,443.45
    +0.1%
    Goud
    1,979.30
    +0.5%
    Silwer
    23.02
    +0.2%
    Brent-ruolie
    76.69
    +1.8%
    Top-40
    70,066
    +0.4%
    Alle aandele
    75,585
    +0.5%
    Hulpbronne 10
    65,190
    -0.9%
    Industriële 25
    102,646
    +0.9%
    Finansiële 15
    15,424
    +0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Leweslustig ,Geniet die lewe
    Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
    Blank
    Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot