Nóg beter is as jy só ’n verpakkingstelsel maklik kan vervoer na byna enige plek waar jy landbouprodukte in grootmaatsakke wil verpak. Met die kompakte D-Pack DMR 50-verpakkingsmasjien is dit presies wat jy kan doen.
Dié mobiele, padwaardige masjien kan deur enige opgewasse bakkie of sportnutsvoertuig gesleep word en kan kuilvoer, graan, kompos en selfs korrelkunsmis in sakke verpak.
Die DMR 50-stelsel, wat op ’n dubbelassleepwa vervoer word, het ’n vulbunker waarmee regstreeks vanaf sleepwaens gelaai kan word, ’n hysvervoerband na ’n weegbunker, ’n stelsel wat die sakke vul en weeg, ’n sakvervoerband, en ’n funksie om die sakke te vakuumverseël. Dit kan tot 15 t/h verpak.