Die SGA 85 is die eerste battery-aangedrewe spuit in die Stihl-reeks waarmee plaagdoders of kunsmis doeltreffend toegedien kan word.
Die hoë druk waarteen dit spuit, asook groot, deursigtige 17 liter-houer, maak die Stihl SGA 85 ideaal vir boere en mense wat tuinmaak. Dit kan ook doeltreffend aangewend word vir moeilike take en grootskeepse bedrywighede, soos vrugteverbouing of wingerdbou.
Die spuit weeg net 6,2 kg en het individueel verstelbare rugbande en ’n hoogteverstelbare borsband. Dit maak dit gemaklik om vir langer tydperke te gebruik. Die koper-holkeëlspuitstuk sal jou help om vloeistowwe met presisie toe te dien.