
Die vervaardiging van landbouwerktuie wêreldwyd het in 2010 effens toegeneem nadat die jaar nie juis rooskleurig begin het nie.
In Suid-Afrika het die verkope van werktuie teen November ’n oplewing getoon toe meer trekkers as in die ooreenstemmende maand die vorige jaar verkoop is. Dit het egter deur die jaar broekskeur gegaan.
Die voordele wat die sterk rand ten opsigte van werktuigpryse ingehou het, is grootliks geneutraliseer deur swak graanpryse en die swakker inkomste wat met uitvoerprodukte behaal is. Hulle skryf dié groei, wat ondanks moeilike ekonomiese toestande behaal is, toe aan die feit dat boere se inkomste wêreldwyd toegeneem het.
Daar is ook steeds ’n groot vraag na moderne tegnologie in talle gebiede.
Syfers
Amerika is, naas Europa, die grootste mark. Daar het die verkope van trekkers van 85 kW in November 2010 met 27% toegeneem in vergelyking met verkope in dieselfde maand die vorige jaar. Stroperverkope was ook op.
In Suid-Afrika is die 459 trekkers wat in November verlede jaar verkoop is, bykans 5% meer as die 438 eenhede wat die vorige November verkoop is. Stropers se verkoopsyfers was egter teleurstellend.
In die eerste 11 maande van vanjaar is 10,4% minder trekkers en 35,6% minder stropers verkoop as in die ooreenstemmende elf maande van 2009.
21 Desember 2010