Die 19de uitgawe van die Meganisasiegids 2008 deur die bekende landbou-ingenieur, mnr. Koos le Roux van Pretoria, het pas die lig gesien.
Dié tweetalige gids is van dié nuttigste handleidings vir saaiboere in Suid-Afrika. Volgens Le Roux is die gids só saamgestel dat die verskillende trekker-implement kombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van tabelle afgelees kan word in rand per uur of rand per hektaar.
Op een bladsy word die koste in rand per uur verskaf, en op die teenoorstaande bladsy word die koste in rand per hektaar verskaf.
Van die ander nuttige inligting wat in die gids vervat is, is dat die brandstofverbruik vir elke trekker-implement kombinasie in liter per uur of liter per hektaar aangedui word. In 'n volgende tabel word die brandstofverbruik in rand per uur of rand per hektaar aangedui.
Die werkstempo van trekker-implement kombinasies word ook in hektaar per dag, ton per dag of kilometer per dag verskaf.
Volgens Le Roux word voorbeelde gegee van hoe om 'n meganisasiebeplanning aan te pak en hoe om kostevergelykings op te stel.
Die gids kos slegs R160 en kan bestel word van mnr. Koos le Roux, by telefoon 082 828 9531. Die posadres is Posbus 1093, Garsfontein 0042.
21 April 2008