
Die 21ste uitgawe van die Meganisasiegids, deur die landbou-ingenieur, mnr. Koos le Roux, is pas beskikbaar gestel.
Dié handleiding behoort van groot waarde vir saaiboere te wees met die beplanning van bewerkings. Le Roux het die gids is só saamgestel dat die verskillende trekker-implement kombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van tabelle afgelees kan word in rand per uur of rand per
hektaar.
Vir elke trekker-implement kombinasie word die brandstofverbruik in liter per uur of liter per hektaar aangetoon. In 'n volgende tabel word die brandstofverbruik in rand per uur of rand per hektaar aangedui. Verder word die werktempo van die trekker-implement-kombinasie aangedui in hektaar per dag, ton per dag of km per dag.
Voorbeelde van hoe om 'n meganisasiebeplanning aan te pak en ook om 'n kostevergelyking op te stel, is ook vir die gebruiker ingesluit. Die boek 'n nuttige hulpmiddel in die hande van die boer om die koste van meganisasie te bereken.
“Aangesien die prys van brandstof van maand tot maand wissel, moet gebruikers van die gids brandstofprys aanpas indien dit baie afwyk van die prys wat in Maart 2010 gegeld het,” skryf Le Roux.
Boere is steeds die grootste groep gebruikers van die Meganisasiegids. Ander mense wat die gids gebruik, is landbou-ekonome wat konsultasie werk doen, wat werksaam is by verskeie staatsdepartemente, agri-besighede en handelsbanke en verkoopslui by verskeie trekker- en implementhandelaars.
Die gids van 168 bladsye kos R185. Bestellings: Bel mnr. Koos le Roux by sel: 082 828 9531.
6 Mei 2010