
Promosie-artikel:
Chevron Suid-Afrika het bekend gemaak dat hy meer as 1 000 000 miljoen kilometer se enjinleeftyd in ‘n Cummins ISX 500-enjin bereik het wat Caltex Delo 400 Multigrade SAE 15W-40 gebruik het. Sedert dit die eerste keer, amper agt jaar gelede, deur Quality Oils Transport op die pad gesit is, is Delo 400 Multigrade, geformuleer met ISOSYN®-tegnologie, gebruik.
Onlangs het ‘n span van Chevron-personeellede, met plaaslike OE-instandhoudingspersoneel, ‘n Cummins ISX 500-enjin uitmekaar gehaal wat olieprodukte vir Quality Oils Transport tussen Bloemfontein en Oos-Londen vervoer – oor baie kilometers van veranderde toestande en hoogte bo seespieël. Dié vragmotor loop al vir meer as agt jaar en het nog altyd Caltex Delo 400 Multigrade SAE 15W-40 in sy enjin gebruik, met die aanbevole 20 000 kilometer-olievervangingsintervalle. Geen groot instandhoudingswerk is aan die vragmotor gedoen nie, behalwe olievervanging en die vervanging van olie- en brandstoffilters. Die bestuurspan by Quality Oils Transport wou vasstel of Delo 400 Multigrade belangrike beskerming aan enjinonderdele kon bied met hierdie voertuig, wat meer as 56 000 kg se produkte, ses dae per week, in strawwe reistoestande vervoer het.
Die enjin was baie skoon
Die enjin is onlangs uitmekaar gehaal by ‘n OE-handelaar in Bloemfontein en die onderdele is geïnspekteer en op film, sowel as foto’s, vasgelê vir inspeksie. Ná meer as 1 000 000 km het die belangrikste onderdele, insluitende die hooflaers, verbindingsstaaflaers, suiers en suiervoerings beperkte verwering en minimale neerslae getoon. Die enjin self was baie skoon, met geen aanpaksels of neerslae op belangrike dele van die enjindek nie. Die bestuurspan by Quality Oils was baie tevrede met die werkverrigting en het opgemerk dat hulle “altyd geglo het aan die werksverrigting van Delo 400, maar dat hullet nou kon sien hoe dit die enjinonderdele beskerm”.
Die werktuigkundiges van die OE-handelaar was ewe beïndruk en het opgemerk dat van al die vragmotors en enjins wat hulle in ‘n jaar sien (en waarvan feitlik almal minder kilometers op het), hulle nog nooit ‘n enjin met meer as 1 000 000 kilometer gesien het wat in só ‘n goeie toestand is en onderdele het met sulke beperkte verweer of neerslae nie.
Quality Oils het aangedui dat Delo 400 Multigrade getoon het dat dit uitstekende enjinbeskerming van hul toerusting kan bied en dat hulle geld bespaar deur enjinopknapping uit te stel. Hierdie is groot besparings en stel Quality Oils in staat om sy uitstekende kliëntediens en mededingheid in ‘n strawwe bedryf te volhou.
Maksimaliseer enjinduursaamheid - Caltex’s Delo-produkfamilie:
Caltex se Delo-produkfamilie sluit in enjinolies, premiumsmeermiddels en verkoelingsmiddels met ‘n verlengde leeftyd wat later die jaar bekend gestel gaan word en premium-werkverrigting en waarde vir dieselvoertuie bied.
Meer inligting rakende Delo-produkte kan gevind word op: www.deloperformance.com
* Geskryf deur Len Badal, kommersiële afdelingsbestuurder, Chevron-smeermiddels.