
Trekkerverkope van 527 eenhede vir Februarie is byna 31% minder as die 762 eenhede wat verlede Februarie verkoop is.
Mnr. Leon Pretorius, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 26% laer as verkope verlede jaar.
Stroperverkope van 13 eenhede in Februarie is ook heelwat minder as die 39 stopers wat in Februarie 2009 van die hand gesit is.
Pretorius sê huidige vergelykings tussen die onderskeie maande hou verband met goeie verkope in Januarie en Februarie verlede jaar. Sekere van dié verkope is oorgedra van die uitsonderlike verkope in 2008.
Die mark gaan gebuk onder lae graanpryse, wat veroorsaak word deur die sterk rand en die groot mielie-oes wat op die oomblik op landerye staan. Onlangse skerp afnames in graanpryse het ’n sterk invloed gehad op sentiment in die mark en boere is versigtig om geld te bestee aan kapitaalgoedere teen die lae graanprysvlakke terwyl kontanthulpbronne laag is.
Markneigings vir verkope van landboumasjinerie behoort duideliker te wees nadat die oes van somergewasse begin het. Ramings vir trekkerverkope in 2010 in die bedryf is steeds sowat 5 000 eenhede, ongeveer 10% laer as verkope verlede jaar.
Lees ook:
4 Maart 2010