Die mees kragtige trekker in die wêreld - die Challenger MT975B - is onlangs by die Universiteit van Adelaide in Australië aan belanghebbendes bekendgestel.
Dié bielie van 'n masjien weeg meer as 27 ton, lewer sowat 585kW en het 'n 1 500 liter petroltenk. Die trekker is getoets om te verseker dat dit onder selfs die strafste toestande die mas kan opkom.
Die hoë-kilowatt model bevat ook twee aparte hidrouliese stelsels - een vir die beheer van gereedskap en stuurdoeleindes en die ander vir transmissie en aste.
Lees hier meer oor die grootste trekker in die wêreld.
Bron:
The Land
7 Augustus 2008