AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10008,8
-107,20
CORN
20 Mrt
-
4485
-16,00
SOYA
20 Mrt
-
8490
-118,00
SUNS
20 Mrt
-
9770
-270,00
WEAT
20 Mrt
-
6566,2
-48,80
WMAZ
20 Mrt
-
3953
-35,00
YMAZ
20 Mrt
-
4189,8
-11,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

'n Stelsel vir totale plaasbestuur

'n Ondersteuningstelsel is nou beskikbaar wat boere kan help om moeilike besluite makliker te neem.

Daar is nou 'n ondersteuningstelsel beskikbaar wat boere kan help om moeilike

besluite makliker te neem.

Landboubestuursoplossings (AMS is die naam wat 'n bekende vervaardiger van landbouwerktuie aan sy gevorderde ondersteuningstelsel vir boere gegee het. Dié stelsel help boere met presisieboerdery, toerustingbestuur, grondkundige en inligtingstelsels asook sakebestuur.

In dié stelsel is die modernste satelliet- en rekenaartegnologie saamgevat in programme wat die boer in sy studeerkamer kan gebruik om regoor sy plaas 'n akkurate ogie oor 'n hele reeks bedrywighede te hou.

Daarby stel die gevorderde satelliet- en rekenaarbeheerde stelsel die boer in staat om presisiebewerking in die ware sin van die woord te doen wat hom baie geld kan spaar.

Die AMS-stelsel is gebou om komponente wat ontwerp is bymekaar in te skakel. Namate nuwe toepassings en werktuie beskikbaar raak, is dit nie nodig om weer nuwe stelsels aan te skaf nie.

Presisieboerdery is 'n manier waarvolgens die boer die variasies in sy lande voorkomend kan bestuur deur dit te behandel volgens elke deel se besondere kenmerke, soos vrugbaarheid, grondtekstuur, voghouvermoë, helling, ens.

Die jongste en mees gevorderde hulpmiddel om die volle voordeel van presisieboerdery te pluk, is die GreenStar-stelsel wat uit drie eenvoudige komponente, bestaan: 'n Ontvangstoestel, verwerker en vertoonskerm wat aangevul word deur ses sagtewarepakkette.

Die uniekheid van die nuwe StarFire-ontvangstoestel is 'n geïntegreerde terreinkompenseerder wat outomaties ál die pleklesings korrigeer om afwykings as gevolg van hellings en ongelyke terrein uit te skakel. Dit verseker akkuraatheid met 'n afwyking van minder as 100 mm. Die ontvangstoestel is verenigbaar met al vier die satellietseine wat tans beskikbaar is wat meebring dat die akkuraatheid wat vereis word, gekies kan word om by die boer se bestuur aan te pas.

Die brein van die GreenStar-stelsel is die draagbare verwerker wat maklik en vinnig aan die agterkant van die vertoonskerm geheg word. Dit berg inligting oor die land, gewas en posisie op rekenaardatakaarte op wanneer die betrokke karteringsagteware gebruik word. Dit verwerk ook die inligting van 'n sleutelkaart vir toepassings soos parallelbewerkings, wisselende toediening vanaf n landkaart en stroperbeheer deur opbrengsverwerking. Een pakket stel die boer in staat om omvattende rekords te hou van sy plase, landerye, werkerskorps, werktuie, gewasse, kultivars, chemikalieë, kunsmis en kontrakte.

Kosteberekenings kan maklik gedoen word indien daar prysskommelings voorkom. Dit het ook 'n program waarmee gelykspeelpryse met verskillende produksiekoste, die omset en wins maklik bereken kan word. Ál die inligting kan dan maklik omgeskakel word in verstaanbare verslae.

Die sagteware wat met dié stelsel saamgaan, kan die gewone plaaskantoor in 'n beheersentrum omskep.

Dié pakket kan saam met Field Doc gebruik word. As dit saam met GreenStar gebruik word, word waardevolle inligting ingesamel terwyl bewerkings gedoen word wat dan in die rekordhoudingprogram opgeberg en verwerk kan word.

Só kan inligting oor al die bewerkings, toedienings, soorte gewas en kultivar wat gebruik is, ingesamel word en uiteindelik weer verenig word met die inligting wat die stroper se monitors insamel. Die boer kry uiteindelik 'n geheelprentjie van alles wat hy gedoen het en wat die resultaat daarvan was.

Die Field Doc-pakket bestaan uit verskillende programme. Die basiese program verskaf 'n eenvoudige, maar akkurate hulpmiddel om inligting te versamel.

Landgrense kan presies bepaal word en rekords kan opgeberg word oor die operateur, die masjien en die werktuig wat vir 'n land gebruik is en wat die weerstoestande was.

Ten opsigte van chemiese middels en bemesting kan die naam van die produk, die hoeveelheid toegedien en die diepte waarop dit geplaas is, aangeteken word.

Net so kan die soort saad, die plantdiepte en die plantdigheid aangeteken word. Daar is ook 'n plantprogram wat die boer help om voorskrifplanne uit te voer.

As dit saam met GreenStar gebruik word en 'n plan van die land vir wisselende toediening is in die planter se geheue gebêre, sal die satellietbeheerde rekenaar die punte lees waar bemesting en plantdigheid aangepas moet word om die wisselende toedienings te doen.

Inligting oor die wisselende toedienings word opgeberg om later vergelyk te kan word met die oorspronklike en nuwe landkaarte wat deur die rekenaar geteken word na aanleiding van die opbrengs, klimaatstoestande en ander veranderlikes wat 'n invloed op die land kon gehad het.

En wanneer die gewas groei, kan nog 'n program, die Field Doc-spuitprogram, gebruik word om rekordhouding van spuitwerk te doen om toedienings aan te pas by die plae, die soort en die hoeveelheid onkruid en die verskillende soorte grond wat in die land voorkom.

Die bespuitings word in die fynste besonderhede deur die instrumente aangeteken wat later in die rekenaar ingevoer kan word.

Sulke inligting is nou al in Europa noodsaaklik vir naspeurbaarheid en dit kan mettertyd in Suid-Afrika van boere verwag word wat produkte uitvoer.

Net só word die opbrengs deur 'n sensor in die stroper gemeet terwyl dit deur die land beweeg.

Met behulp van die GreenStar-stelsel word dit elke sekonde aangeteken sodat 'n opbrengskaart deur die rekenaar saamgestel kan word.

Ál die inligting wat tydens die verskillende bewerkings en aksies ingesamel word, kan dan in landkaarte verwerk word sodat die boer met een oogopslag kan sien wat in 'n betrokke land aangaan, waar wisselende toedienings nodig is en watter aangewese kultivars van spesifieke gewasse vir 'n land is.

Die grootste voordeel is dat hy aan die hand van dié kaarte, waarop alle veranderlikes se invloed gekarteer is, deurdagte besluite kan neem en raaiwerk uitskakel.

Spoorvatter bespaar koste

Met die akkuraatste satellietstelsel, Auto Trac, kan die maatskappy John Deere sy werktuie nou op vaste bane laat loop met 'n afwyking van minder as 100 mm, wat die oorvleueling van bewerking of die oorslaan van onbewerkte stukke bykans heeltemal uitskakel.

Die StarFire-ontvangstoestel vang die seine van verskeie satelliete op en dit word in die eenheid se rekenaar verwerk om presies te bepaal waar die werktuig is.

Terwyl die eerste baan bewerk, geplant, gespuit of gestroop word, word die baan en die wydte van die bewerking geregistreer. Daarna sal die rekenaar die werktuig se stuurstelsel beheer om in presies ewewydige bane langs die eerste baan te beweeg. Dit sal nie meer as 100 mm afwyk nie.

Die operateur hoef net die werktuig aan die einde van die land te draai en dan kan hy die stuurwiel los en dit sal self die regte spoor vat.

Ál die inligting word deur die rekenaar op 'n kaart opgeberg sodat daar die volgende seisoen presies op dieselfde baan gewerk kan word of aanpassings gedoen kan word.

Die rekenaar gee ook voortdurend aan die operateur inligting, soos die werktempo. Besonderhede van die planters en spuite kan ook vertoon word.

Verskillende werktuie is verder verfyn om die rekenaarstelsel wyer aan te wend. Van die stropers kan ingestel word om, byvoorbeeld, 'n wisselende werkspoed te gebruik om die vermorsing konstant teen 'n vasgestelde persentasie te hou.

Van die onderneming se spuite het 'n rekenaarbeheerde stelsel wat die spuitarms altyd teen 'n vasgestelde hoogte bokant die grond hou om eenvormige toediening van die spuitmiddel te verseker.

In 'n amptelike toets in Nederland is die vermorsing van chemikalieë gemeet. Daar is bevind dat waar geen merkers of stuurstelsel gebruik is nie, die oorvleueling/oorslaan 14,16 % was terwyl dit 0,21 % met Auto Trac was. Op 500 ha was die besparing aan chemikalieë alleen 1 800 euro.

Daar is ook gekyk na die totale besparing wat met John Deere-tegnologie behaal kon word op 'n land van 500 ha waarop 200 ha winterkoring, 150 ha rape (vir olieproduksie) en 150 ha gars verbou is, teenoor konvensionele bewerkings.

In die herfs is 920 euro bespaar met die ploegwerk, 1 800 euro met bespuitings en 840 euro met die plant van die gewasse - 'n totaal van 3 920 euro.

Met oesbeskerming in die lente was die besparing aan minder spuitbane (vertrapping) 2 055 euro en daarmee saam het die akkurater toediening van die middels vir 'n verdere besparing van 3 600 euro gesorg - 'n totaal van 5 655 euro.

Besparing met die outomatiese landdokumentasie het 4 800 euro beloop en met oestyd is 2 100 euro bespaar.

Uiteindelik het die totale besparing vir die land van 500 ha op 16 265 euro te staan gekom en beloop dit 32,53 euro per hektaar.

5 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.59
-1.0%
Rand - Pond
22.66
-1.3%
Rand - Euro
19.77
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.9%
Rand - Jen
0.14
-2.3%
Platinum
966.86
-0.2%
Palladium
1,390.86
-1.5%
Goud
2,003.00
+0.7%
Silwer
22.59
-0.0%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
66,821
-0.3%
Alle aandele
72,290
-0.3%
Hulpbronne 10
64,314
+2.3%
Industriële 25
96,473
-0.6%
Finansiële 15
14,714
-2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot