
Promosie-artikel:
Terwyl dit op uitstalling was by die Wisconsin Crop Management-konferensie in Madison in Amerika, het die Miller Nitro 5000-reeks spuitmasjiene die CropLife Iron 2012-Produk van die Jaar-toekenning ingepalm.
Dit is die derde keer dat hierdie eer ‘n Miller-spuitmasjien te beurt val tydens die ses jaar bestaan van die CropLife IRON-toekenningsprogram.
CropLife IRON stel jaarliks ‘n kortlys van vyf finaliste saam vir die kompetisie, met een groot pryswenner. Vir 2012 kon CropLife Iron-lesers van 28 September tot 2 November vir die wenner stem. Honderde stemme is in hierdie tydperk uitgebring.
Konferensie bygewoon
Miller Territory-bestuurder mnr. Todd Frish was teenwoordig by die Wisconsin Crop Management-konferensie om die toekenning te ontvang. Die redakteur, Eric Sfiligoj, het die toekenning namens CropLife Iron oorhandig.
“Dit is weereens ‘n wonderlike eer vir ons om erkenning te ontvang van CropLife Iron se lesers vir die innovering wat ons by ons Nitro-spuitmasjiene inbou,” sê mnr. Tim Criddle, bemarkingsdirekteur van Miller. “Die 5000-reeks stel ‘n nuwe, hoër standaard vir bestuursgemak en produktiwiteit en ons is bly om te sien dat die harde werk van almal by Miller erken word deur hierdie Produk van die Jaar-toekenning. Ons aanvaar erkenning soos hierdie definitief nie as vanselfsprekend nie en word verder gemotiveer om ‘n nog hoër standaard te stel in ons mikpunt om aan die behoeftes van ons kliënte te voldoen.”
Meer oor Miller
Gestig in 1899 in St. Nazianz, WI, bied Miller reeds vir vyf generasies boere ‘n wye reeks landboumasjiene. Vandag word al ons toerusting op ‘n 110 jaar oue tradisie van gehalte, integriteit en innovering gebou. Die produklyn sluit die Nitro-spuitmasjiene met hoë vrywielruimte en ‘n spuitbalk wat voor gemonteer word, die meganies aangedrewe Condor-spuitmasjiene, die Altas-vlotteronderstel en die Ag-Bag-hooi- en –kuilvoerversakkers in.