Die McHale Fusion 3 Pro-baler-en-toedraaier maak ronde bale vir kuilvoer met ’n deursnee van tot 1,25 m, en kan tot 35 per uur maak en toedraai. ’n Trekker van 120 kW is nodig om die baler aan te dryf. ’n Skaal en vogmeter gee presiese aanwysings van die gewig en voggehalte aan die operateur deur. Prys: R2 530 000. Navrae: Mnr. Davel Kirsten, Jupidex Farming Equipment, Pietermaritzburg, 082 379 4691.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.