Sy Carbon Farming-ploeg word ontwikkel met die samewerking van die Leibniz-sentrum vir landboulandskapsnavorsing (ZALF). ZALF se navorsing is toegespits op hoe die gedeeltelike diep omploeg van grond ’n invloed op opbrengste en die klimaat kan hê.
Die werk word gefinansier deur die Duitse federale ministerie van voedsel en landbou. Luidens ’n verklaring gebruik Lemken hierdie navorsing om ’n ploeg te ontwikkel wat “kan sorg vir koolstofverryking van bewerkbare grond wat reg is vir serieproduksie”.
Dit sal gebruik word vir die sogenoemde melioratiewe bewerking waardeur verdigte grond opgebreek word om die grond te verbeter. Met dele van die ploeg sal daar op verskillende dieptes geploeg kan word om holtes of putte onder die ploeglyn in elke tweede voor te skep.