Landbouweekblad het 'n nuwe webwerf, www.trekkerwerf.co.za, bekend gestel waarop landboumasjinerie geadverteer kan word.
Die webwerf is geskep sodat adverteerders hul produkte, soos trekkers, stropers, ploeë en planters, teen 'n billike tarief kan adverteer. Die doel van die webwerf is om 'n platform te skep waar verkopers, kopers en belangstellendes 'n aanlyn-gerief kan hê om inligting oor landboumasjinerie wat te koop is, uit te ruil.
'n Foto kan by elke advertensie opgelaai word. Elke advertensie word 'n maand lank op die webwerf vertoon, waarna dit outomaties verval. Andersyds kan 'n advertensie te enige tyd deur 'n verkoper gekanselleer word sodra 'n produk verkoop is.
Adverteerders kan advertensies in Afrikaans of Engels oplaai.
Die webwerf is self-aangedrewe, en daar is ook 'n lewendige voer van meganisasie-nuus vanaf www.landbou.com, Landbouweekblad se webwerf.
Adverteerders kan die elektroniese betaling van advertensies via 'n veilige, geakkrediteerde portaal, afhandel.
1 Oktober 2008