
Amerika – die land van groter en beter – wink baie mense om ‘n paar maande daar te gaan werk. Ook in die landbou is daar lekker geleenthede en as jy vir ‘n kontrakteur gaan stroper of vragmotor ry, kan jy maklik drie keer meer verdien as in Suid-Afrika.
Dit is die belofte van dollars en ‘n skoot avontuur wat mans (en ‘n paar vroue) lok om vir ‘n paar maande lank tot 15 uur per dag ‘n werk te doen waarvoor hulle tuis dalk sou neus optrek.
Mnr. Neal Engelbrecht (46) van Wolseley het nou al twee keer ‘n paar maande in Amerika gaan woon om vir kontrakteurs te help oes. Kyk hier na die indrukwekkende toerusting wat deur boere in Amerika gebruik word.
Lees 'n volledige onderhoud met Engelbrecht oor sy ervarings in Amerika in die Landbouweekblad van 20 Januarie.
13 Januarie 2012