AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Panele volg son heeldag

Sonpanele wat die beweging van die son volg, is boonop teen diefstal bestand!

Sonpanele wat die beweging van die son volg en boonop geëlektrifiseer is, kan van die probleme oplos wat boere met die ondoeltreffende benutting van sonlig én die diefstal van panele het.

Deur sonpanele op 'n raamwerk te monteer wat self die beweging van die son volg, kan 30 % meer krag opgewek word. Die raamwerk het net die son se hitte nodig om te beweeg en gebruik dus geen krag nie.

Mnr. André Taljaard van Bloemfontein, wat die draaiende sonpanele gepatenteer het, sê deur die son te volg, word beter resultate met die opwek van krag bereik as met statiese panele. Die panele is die hele dag vol op die son gerig, wat beteken dat die sonlig in die somer 11 uur lank benut kan word.

Die raamwerk bestaan uit pype vol gas. Die gas word warm sodra die son daarop skyn, verdamp in dié deel van die raam en kondenseer weer in die ander deel, wat die hele raamwerk in daardie rigting laat kantel. Dit gebeur voortdurend en is die geheim van die stelsel se beweging.

Die stelsel het verskeie voordele. Die aantal sonpanele kan met sowat 35 % verminder word om dieselfde hoeveelheid krag op te wek as 'n statiese stelsel.

Die raamwerk word aangepas volgens die getal panele wat benodig word en volgens die gewig daarvan. Die aantal panele en grootte van die stelsel kan aangepas word om by die behoefte, soos water pomp en kraglewering vir huise en elektriese heinings, te pas.

Die raamwerk van mnr. Taljaard se stelsel is geëlektrifiseer om diefstal van die panele te voorkom. Die kragtoestel is in 'n staalkas wat ook geëlektrifiseer is. 'n Heining om die hele stelsel kan ook met dieselfde toestel geëlektrifiseer word.

Die skoktoestel se battery word deur een van die sonpanele self gelaai, wat beteken dat dit min uitwerking op die kraglewering van die stelsel het. As iemand die drade van die paneel na die battery afknip, het die skoktoestel se battery nog genoeg krag vir 48 uur.

As herstelwerk aan die panele of die stelsel gedoen moet word, word die skoktoestel met 'n afstandbeheerder afgeskakel.

Die raamwerk en sy toebehore kos R4 100 tot R5 300. Die skoktoestel kos R3 972 en meer na gelang van die grootte van die raam waaraan dit gekoppel word.

Navrae: Mnr. André Taljaard, tel 051 451 1973 (tel./faks) of 082 555 4194. Sy e-posadres is go4sun@webmail.co.za.

5 November 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot