AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Pers spaar moeite en geld

Dié boer se probleme met los lekke en duur lekblokke is iets van die verlede danksy sy blink idee om self 'n blokpers uit skroot te vervaardig.

Mnr. Christo Vorster van die plaas Poortjie in die distrik Molteno het tot 6 maande gelede baie probleme gehad met sy los lekblokke. Verlede Desember was dit die laaste strooi toe 150 mm reën sy lekke só verinneweer het dat die skape en die beeste beswaarlik daarvan wou vreet. Bobbejane en voëls wat gedurig die los lekblokke verniel, het die probleem vererger. Gekoopte lekblokke vir sy vee (wol- en vleisskape en vleisbeeste ) is 'n vereiste in die distrik Molteno met sy droë winterveld en het Vorster boonop 'n aardige bedrag uit die sak gejaag.

Hy het nie kans gesien om 'n industriële blokpers te koop nie. "Die goed kos honderdduisende rande en geen gewone boer kan dit bekostig om sulke groot geld rond te strooi nie," vertel Vorster.

Hy en sy vrou, Elize, het besluit dat dit nie so moeilik kon wees om self 'n blokpers te ontwerp en te laat bou nie. "Ons was in die gelukkige posisie dat een van ons vriende in die distrik, mnr. Jannie Terburgh, 'n 'ysterman' is. Terburgh, 'n afgetrede boer van die plaas Alfalfa, wat hy tans verhuur, het naas sy boerdery twintig jaar lank grondverskuiwingswerk gedoen en oor die jare heen talle werktuie vir mense gebou. Om die blokpers uit die talle los ysters op sy plaas te vervaardig, was vir hom kinderspeletjies."

Die blokpers het intussen soveel aandag getrek dat Terburgh al blokperse vir 10 ander boere ook moes maak. "Dit kan egter 'n boer R15 000 uit die sak jag omdat die elektriese motor (2,2 kW), die hidrouliese pomp en hidrouliese silinder, 'n beheerklep en bykomende yster vir die raamwerk, bakwerk en ander kleiner onderdele spesiaal aangekoop moet word," sê Terburgh.

'n Groot veeboer wat Vorster en Terburgh gevra het om vir hom 'n blokpers te maak, gebruik die pers al 'n geruime tyd self. Hy verkies om nie geïdentifiseer te word nie, maar hy beskou die blokpers as 'n "groot deurbraak" vir veeboere. "Dit spaar my nie net die hoë koste van 'n gekoopte lekblok nie. Ek kan boonop die verhouding van die voedingstowwe wat ek verlang, presies formuleer met die rou materiaal wat ek beskikbaar het. Ek hoef nie spesiaal ander rou materiaal aan te koop nie. Aangesien dit in blokvorm is, is daar geen vermorsing nie, selfs al reën dit. Dit hou ook lastige bobbejane (wat eie aan die omgewing is) en voëls weg. Duiwe, ander voëls en bobbejane is geneig om los lekblokke só te verniel dat min voedingswaarde oorbly. Hulle pik - of kies - net die mielies uit wat die los lekke se belangrikste voedingsbron is."

Vorster het ook ondervind dat sy skape nie van die los lekblokke wou vreet nadat dit natgereën het nie. "Die beeste sal nog 'n poging aanwend, maar hulle vreet langtand. Ons reënval is nie baie hoog nie (sowat 500 mm per jaar), maar wanneer dit reën, reën dit behoorlik en word die lekke erg verniel. Aangesien die veld in ons wêreld 'n droë winterveld is (hoofsaaklik rooi- en suurgras en eragrostis, met 'n drakrag van 1 GVE per 6 ha) is byvoeding (proteïen- en energielekke) gedurende die wintermaande 'n noodsaaklikheid."

Nóg 'n probleem wat Vorster met die los lekke ondervind het, was die sentrale voerplekke. Dit het tot gevolg gehad dat ooie wat 'n paar kilometer verder weg gewei het, hul lammers agtergelaat het om aan die lekke te gaan vreet. Agterna kon baie van hulle nie weer hul lammers opspoor nie en het hy met 'n klomp hanslammers opgeskeep gesit. Die nuwe lekblokke kan egter naby die ooie en hul lammers neergesit word.

Afgesien van die geld wat bespaar word deur nie geblokte lekke aan te koop nie, is daar veral een ander groot kostebesparing. "Mielies - wat 50 % van die mengsel uitmaak - is tans baie goedkoop en dit is dus betalend om die blokke self te maak."

Vorster se geblokte lekke het dieselfde bestanddele as die los lekke wat hy voorheen gemaak het, behalwe dat melasse bygevoeg word om die mengsel te bind. Die mengsel bestaan hoofsaaklik uit mielies, katoenoliekoekmeel, vismeel, beenmeel, sout en melasse - of wat 'n boer se behoefte ook al is.

Vorster sê boere kan met gemak klaarkom met 'n blokpers wat net een blok op 'n slag maak. "Ons gewone boere wat nie groot hoeveelhede voerlekke vir die mark hoef te vervaardig nie, het oorgenoeg tyd om blokke vir ons eie gebruik te maak. Ek maak met gemak 1 ton se blokke per keer sonder om my ander plaaswerk af te skeep. Nadat die mengsel met 'n voermenger gemeng is, kos dit minder as een minuut om 'n blok te pers. Die blokke is ná 2 uur tot 3 uur (na gelang van die weer) gestol en hard genoeg vir gebruik."

Die enigste voorvereiste indien iemand só 'n blokpers wil gebruik, is om 'n eie voermenger te hê. Dit is belangrik om die melasse (wat die mengsel genoegsaam bind sodat dit saamgepers kan word) behoorlik deurgemeng te kry. 'n Graaf doen dit nie ordentlik nie.

Vorster maak verskillende blokmengsels (20 kg elk) na gelang van die individuele behoeftes van sy vee. 'n Basiese mengsel word gebruik, maar beeste kry byvoorbeeld meer ureum as skape - die hoeveelhede hang daarvan af of die vee dragtig of lakterend is of nie.

Dís hoe hy werk

Mnr. Christo Vorster van Poortjie, distrik Molteno, gebruik twee verskillende blokperse om lekblokke vir sy vee te maak. Die een model se drom is langer en dit word in die grond vasgeanker. Die ander blokpers se drom is korter en die toestel is verskuifbaar.

Hoewel Vorster albei perse gebruik, maak mnr. Jannie Terburgh, 'n afgetrede boer, net die verskuifbare toestel vir ander boere. "Die eerste een met die langer drom was 'n eksperiment. Ons het daarna besef dat 'n halfmeter-drom voldoende is om 'n blok van 20 kg te maak."

Albei blokperse bestaan wesenlik uit 'n drom wat regop staan, met 'n deksel aan die bopunt, 'n elektriese motor (2,2 kW), 'n hidrouliese pomp, 'n hidrouliese silinder, 'n beheerklep en ander kleiner onderdele.

Die blokpers wat in die grond geanker is, se drom is een meter lank. Direk onder die drom is die hidrouliese silinder (wat deel vorm van dieselfde raam) aangebring. Die geankerde blokpers se silinder, hidrouliese pomp en elektriese motor is verberg in 'n gat in die vloer.

Die verskuifbare blokpers se drom is net 'n halwe meter lank en die hidrouliese silinder, hidrouliese pomp en elektriese motor is op 'n afsonderlike raam onderaan die drom aangebring (nie geanker in 'n gat nie) sodat die hele toestel verskuif kan word.

Navrae: Mnr. Christo Vorster, tel. 045 967 0352 (saans) of mnr. Jannie Terburgh, tel. 045 967 9502 (ook saans).

26 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.78
+0.1%
Rand - Pond
22.00
+0.3%
Rand - Euro
19.33
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.89
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Platinum
984.08
+0.3%
Palladium
1,495.50
+1.2%
Goud
1,981.37
+0.1%
Silwer
23.94
+0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,596
-0.7%
Alle aandele
76,198
-0.7%
Hulpbronne 10
66,613
-1.3%
Industriële 25
102,892
-0.3%
Finansiële 15
15,514
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot