
Promosie-artikel:
PRIMA™ is die presisieboerdery-diensaanbieding van Farmsecure Agri Science en kombineer die kennis van die grootste landboudeskundige-span in Afrika met voorloper landbou-tegnologie. Die holistiese PRIMA™-diens was bekendgestel by Nampo Oesdag 2013 en het groot belangstelling gewek onder besoekers. Die uitstalling is sekerlik die begin van baie suksesvolle vennootskappe tussen Farmsecure Agri Science en boere wat glo dat ‘n wetenskaplike benadering tot landbou kern is tot die volhoubaarheid en sukses van boerdery.
Farmsecure Agri Science bied landswyd hierdie holistiese diens aan boere, insluitend wetenskaplike landbou-advies, konsultasie, tegniese dienste, besproeiing en innoverende tegnologie. Buiten hul tegniese, gewas- en produkkennis, voeg hierdie kundiges waarde toe deur hul ervaring op elke faset van die gewassiklus – van “soil to shelf” – toe te pas. Dus het boere wat nie hierdie jaar Nampo Oesdag by kon woon nie, steeds toegang tot Prima™ se unieke dienste en benadering tot graanboerdery.
Potensiaal-ontginning met Prima™-praktyke
Farmsecure Agri Science glo dat hierdie holistiese kundigheidsdiens slegs sy volle potensiaal sal bereik indien die dienste op ? gekoördineerde wyse deur die gewaswerksgroep aangebied kan word, eerder as deur ? indiwidu met ? algemene uitkyk.
Praktyke wat deur die PRIMA™-span gebruik word om inligting in te samel, sluit in:
Nutriëntanalise van die grond.
Fisiese analise van die grond.
Grondgebruiksbeplanning.
Risikoprofielsamestelling met behulp van afstandwaarnemingstegnologie, insluitend NDVI-skandering.
Grond-, gewas- en klimaatterreininligting word deur deskundiges geïnterpreteer, waarna spesialisdienste aangebied word. Na aanleiding van die unieke plaasprofiel kan aanpassings gemaak word aan grondvoorbereiding, plantaksies, besproeiing, gewasplasing, dreinering, bemesting, gewasvoeding, plantprosedures, en so meer.
Om op ? alomvattende wyse risiko’s op plaasvlak aan te spreek, het die maatskappy vier kern produkpakkette saamgestel:
PRIMA™ FieldPlan™ is ? voorplant-beplanningsdiens wat verseker dat die grondsamestelling optimaal gebalanseer is voor daar geplant word.
PRIMA™ PerfectField™ is ? dienspakket wat die vordering en gehalte van gewasse deur die groeiseisoen monitor om die beste opbrengs te bewerkstellig.
Vir oeste, is daar ? oesskattings- en –datapakket, PRIMA™ OptiYield™.
Rekordhouding word bewerkstellig deur ? optekeningsdiens, PRIMA™ Record™, wat al die ingesamelde inligting saamvoeg vir aanwending in die volgende seisoen.
Hier volg ‘n gedetailleerde beskrywing van elke PRIMA™ pakket:
PRIMA™ FieldPlan™ is ’n voorplantbeplanningsdiens wat verseker dat die grondhulpbronne optimaal benut en voorberei word vir suksesvolle gewasverbouing.
Die unieke voorplantbeplanningsdiens sluit die volgende in:
• Grondvoedingstof- en produksiepotensiaalkaarte gebaseer op ruimtelike “grid” analise.
• Grondklassifikasie en “scouting” om produksiepotensiaal te bepaal.
• Produksiebeplanning vir die seisoen.
• Presisie-voedingstoftoestandregstellings vir optimale produksie.
• Gewas-spesifieke bemestingsaanbevelings volgens variërende bemestingpeilkaarte.
• Toedieningslêers geskik vir bestaande plaasimplemente.
PRIMA™ PerfectField™ monitor die vordering en gehalte van gewasse deur die groeiseisoen om die beste opbrengs te bewerkstellig. Dienste sluit in:
• Monitor van gewasse tydens kritiese fenologiese stadia deur ’n toepaslik gekwalifiseerde landboukundige.
• Blaarontledings deur DRIS-analisemetode.
• Stikstofbestuur gedurende die seisoen deur middel van tegnologies gevorderde benaderings.
• Besproeiingsbestuur- en –skeduleringsdienste.
PRIMA™ OptiYield™ fokus op oesskattings en die ruimtelike analise van stroperkaarte met voedingstof- en grondfisiese data om die langtermyn gebruik van grond te verbeter.
Die holistiese pakket sluit die volgende in:
• Insameling van oesdata en –skattings.
• Volledige meervlakkige ontleding van grondvoedingstofkaarte,grondklassifikasiekaarte, gewasgroeikragkaarte en opbrengskaarte.
• Die gebruik van genormaliseerde opbrengskaarte.
• Grondproduksiepotentiaalkaarte om variërende bemestingskaarte te produseer.
PRIMA™ Record™ voeg al die ingesamelde inligting saam vir aanwending in die volgende seisoen.
• Alle analises, kaarte en aanbevelings word gestoor gedurende die proses.
• Die inligting word in ’n gebruikers-vriendelike formaat gestoor en is aanlyn beskikbaar vir die kliënt.
• Ingesamelde inligting gee waardevolle insig en riglyne vir die komende seisoen.
Die produkpakkette is buigsaam en dienste word ook van kliënt tot kliënt op ? pasgemaakte manier aangebied.
Met die ondersteuning van meer as 140 agronome, hortoloë, grondkundiges en deskundiges in ? verskeidenheid van gewasse, is die maatskappy in ? prima posisie om meer as presisie te bied. Hulle spesialiskennis en -ervaring maak dit moontlik vir hulle om aan die boer ? wetenskaplike boerderydiens, wat presisie insluit, te lewer.
Die bestuur en vermindering van risiko op plaasvlak is van kardinale belang. Farmsecure Agri Science se PRIMA™- diens ondersteun die boer regdeur die gewassiklus en is gemik daarop om gemoedsrus in boerdery te saai.
Vir meer inligting kontak:
Bethlehem: 058 307 7017
Kaapstad: 021 974 1900
Somerset-Wes: 021 851 7282
Webwerf: www.fsagriscience.co.za
Geskryf deur Cherise Collins, assistent-kommunikasiebestuurder, Farmsecure.
Kyk na die video hieronder om Jannie Willemse, van Farmsecure Agri Science, se raad te hoor oor hoe hoendermis gekomposteer moet word.