Die koolwaterstof-oplosmiddel Naf-Tech is deur Naf-Tech Energy ontwikkel en word nou aan die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel. Dit gebruik nanotegnologie om die oppervlakspanning van brandstof te verbreek vir beter verdamping en verbranding, asook vir volledige fase 1- en fase 2-verbranding en om die termiese rendement en kilowatt te verbeter.
Naf-Tech is heeltemal oplosbaar in alle brandstoftipes, soos diesel en petrol, en verbeter oktaan-aanslag, verbrandingsdoeltreffendheid, termiese rendement en kilowatt.
Die verbrandingsversterker verkoel ook lopende enjins, verminder die behoefte vir katalitiese omsetters, verminder koolstofuitlating, verleng die lewensduur van die enjin, verminder enjinslytasie en slykvorming in enjinolie en verbeter brandstofverbruik.
Kleurlose vloeistof
Die beste resultate word behaal tussen 45 km/h en 120 km/h teen 'n dampdruk van minder as 60 kPa. Naf-Tech is 'n kleurlose vloeistof wat gebruik kan word in alle petrol- en dieselvoertuie, skeepsenjins, konstruksie- en landboutoerusting, trekkers, mynenjins en -toerusting, asook motorbote.
Hoewel brandstof 'n aantal verskillende chemiese stowwe bevat, is dit nie ontwerp om heeltemal te verdamp nie. Dít verhoed volledige verbranding as gevolg van die teenwoordigheid van etanol en water. Dié chemiese stowwe werk steurend in op verbranding en lei tot swak brandstofverbruik en oormatige uitlaatgasse, asook swak enjinverrigting en enjinslytasie.
Naf-Tech bereik volledige verdamping deur die oppervlakspanning van brandstowwe te verbreek, wat volledige verbranding toelaat. Die verbrandingsversterker se nanotegnologie werk nie steurend in op basisbrandstofkenmerke nie, hoewel dit inwerk op onverbrande brandstofdeeltjies om die doeltreffendheid van verbranding te verbeter.
Onverbrande brandstofdeeltjies hoop normaalweg op tydens fase 2-verbranding. Naf-Tech verseker dat doeltreffende verbranding aanhou tussen die twee fases vir volledige verbranding. Termiese rendement van dieselenjins word met meer as 35% verhoog, terwyl die termiese rendement van petrolenjins met 25% verhoog. Onverbrande brandstof wat in olie vasgevang is, verminder ook olieviskositeit, verswak die werkverrigting van bymiddels, verlaag olielaagkrag en verhoog olieverbruik.
Verbrandingsproses
In ideale toestande verbrand brandstof om koolsuurgas en water te vorm. Vir elke liter brandstof wat in 'n enjin verbrand word, word 'n liter water gevorm. Etanol trek water aan. Dít verhoed die enjin om doeltreffend te werk, aangesien dit steurend inwerk op die verbrandingsproses as gevolg van 'n onvermoë om al die brandstof heeltemal te verbrand. Water in die brandstof kan die verbrandingsproses só beskadig dat die enjin ophou loop.
Etanol en water veroorsaak korrosie en het 'n hoë oppvervlakspanning wat onvolledige verbranding bevorder. Onvolledige verbranding veroorsaak roet- en koolstofvorming wat, saam met deelsverbrande brandstof, deur die uitlaatpyp uitsnap in die vorm van swart rook, wat besoedeling veroorsaak.
Sommige dele van die roet en onverbrande brandstof ontsnap ook verby die ringe. Dit veroorsaak slytasie in die boonste silinders en meng met die krukas-olie om 'n slyk- en vernisneerslag op enjinonderdele te veroorsaak. Slykaanpaksels verstop olieweë en verlaag olievloei. Vernisaanpaksels beperk oliesirkulasie en veroorsaak swak werking van noodsaaklike enjindele. Die gevolg is spoedige enjinweiering en oormatige wegvreting.
Konvensionele brandstowwe moet met lug meng om te kan brand. Etanol verminder die lug-brandstof-mengsel en kan veroorsaak dat die enjin nie doeltreffend werk nie. Konvensionele brandstowwe het 'n Britse warmte-eenheid- (BTU) hittewaarde van 124 000 BTU in petrol en 139 000 BTU in diesel, terwyl etanol 'n hittewaarde van 74 000 BTU het.
Sonder etanol
Die termiese rendement van 'n enjin is minder as 20%. Sonder etanol bereik 'n petrolenjin egter 25% termiese rendement en dieselenjins 34%.
Die SA Brandstofbedryfsvereniging (Sapia) laat 'n 9,5%-mengsel etanol in alle brandstowwe toe. Die byvoeging van etanol moet behoorlik beheer word om moontlike probleme, soos moeilike aanskakeling en luierstuwings, te voorkom. Sapia sê dat etanol oneindig oplosbaar is in water en, in die teenwoordigheid van water, word etanol van die petrolfase ge-ekstraheer na die waterfase. Dit veroorsaak volledige faseskeiding wat aandrywingsprobleme tot gevolg het. Sapia verkies die gebruik van bymiddels om te verseker dat etanol nie tot metaalwegvreting en omgewingsbesoedeling lei nie.
Navrae:
Ghardi van der Merwe: 084 969 8380
Charles Joubert: 082 750 3988
Johan van Schalkwyk: 082 449 4121
13 Mei 2008