
Promosie-artikel:
Die maatskappy handel in groenteboerdery-meganisasie, met ’n wye reeks gespesialiseerde toerusting, soos vir grondvoorbereiding, druklugsaadbore, meganiese verplanters, meganiese onkruidtoerusting en oesmasjiene, tot spesiale hanteringstoerusting vir ’n wye verskeidenheid groentes – van beet, wortels, uie en aartappels, tot blaarslaai en kool.
ASA-LIFT is een van die voorste internasionele maatskappye wat groente-oesmasjiene ontwikkel, vervaardig en versprei. ASA-LIFT-masjiene word al vir meer as 75 jaar regoor die wêreld verkoop. Met meer as 50 verskillende masjiene wat in SA werk, het hulle die maatstaf geword vir meganiese groente-oesting op wortels, beet en uie.
AGRICOLA ITALIANA, “die wenkeuse” is ’n wêreldklas-vervaardiger van druklug-saadbore. Hoë saadkostes het kwekers gedwing om te streef na groter akkuraatheid met saadplasing. Beter grondvoorbereiding, gekombineer met akkurate saadplasing, sorg vir groter oeste.
BADALLINI is nuut op die Suid-Afrikaanse mark en vervaardig skoffelploeë vir meganiese skoffelwerk. Ons masjiene word gebruik in die landbou- en kwekerybedryf, om die grond tussen die plante te bewerk, in rye te saai of verplant, of vir die meganiese uitroei van onkruid in organiese boerdery (biologiese landbou). Dit is nie ongewoon om Badalini-masjiene te vind wat al vir 30 jaar ononderbroke werk nie.
BRIMAPACK het ’n langdurige reputasie dat hulle verpakkingstelsels vir “ronde groente” ontwikkel – van ysbergslaai tot blomkool en selfs spanspekke. Die ronde groente word afwaarts by die verpakkingsmasjien ingevoer om deur ’n reghoekige stuk plastiek omhul te word. Die punte van die plastiek word saam toegevou en met hitte geseël wat sorg vir ‘n ronde kopverseëling by die onderkant van die produk.
FORIGO ROTER ITALIA is een van die wêreld se grootste vervaardigers van kapploeë, skoffelploeë en kragharke. Die maatskappy bou ook werktuie vir verskeie ander handelsmerke by hul monteringsaanleg. Plaaslik word die immergewilde klipverberger ook ’n gunsteling onder Suid-Afrikaanse boere as gevolg van sy unieke manier van grondvoorbereiding. Deur ’n tru-rotor-aksie te gebruik, “pluis” die klipverberger die grond deur fyn sand na die oppervlak uit te lig en swaarder kluite en klippe te begrawe.
FERRARI COSTRUZIONI MECCANICHE: TECHNOLOGY & INNOVATION spesialiseer in die produksie van verplantingsmasjiene – meganies sowel as outomaties – vir saailinge in modules, vierkantblokke en oop wortels. Navorsing, pasmaking en voortgesette ontwikkeling is ons ingesteldheid; die riglyne van ons maatskappy. Die tegnologie wat ons aanwend in ons masjiene is die gevorderdste op die mark. Ons mikpunt is om innovasie na die veld te neem!
ORTOMEC spesialiseer in die vervaardiging van oes- en saaimasjiene vir groen blaargroentes. Die kundigheid en innoverende gees en talent van hierdie jong mense het gelei tot ’n onderneming wat spoedig ’n markleier geword het in die oes- en saaimasjiensektor. Hierdie perfekte kombinasie het aan ’n relatief ongemeganiseerde mark nuwe masjiene gebied wat sorgvuldig ontwerp is uit ’n meganiese en praktiese oogpunt en heeltemal innoverend is in hul funksionele kenmerke.
NICHOLSON MACHINERY ontwerp en ontwikkel die Nicholson Onion Top Tailer. Hierdie unieke, gepatenteerde vlekvryestaal-as roteer teen ‘n gladde roller en verseker die produk se lowwe word sagkens afgesny om aan die eise van die kwekers, verpakkers en verkopers te voldoen.
STRUIK is ’n leier op die gebied van grondkondisionering en is die afgelope paar jaar baie gewild in Suider-Afrika. Hierdie masjiene se vermoë om saadbeddings diep voor te berei het gelei tot die term “die land is gestruik” en word dikwels gehoor wanneer boere diep grondvoorbereiding beskryf. Die ZF-reeks (tussenry-skoffelploeë) vir aartappels is vinnig besig om professionele kwekers se voorkeurtoerusting te raak. Die Struik Weedfix het ook naam gemaak vir homself.
Rebelo Agricultural Machinery beskik oor die grootste reeks gespesialiseerde toerusting wat nodig is om jou boerderybelange doeltreffend en winsgewend te maak. Ervaring van die plaaslike bedryf, saam met die gevorderdste toerusting wat wêreldwyd beskikbaar is, maak van RAM ’n rolspeler om mee rekening te hou in die bedryf. RAM is gerieflik geleë in die Johannesburgse Nasionale Varsproduktemark en is altyd beskikbaar van oral in Suid-Afrika.
* Kontak ons gerus: Jose 082 716 1664 of Thomas 072 525 9047
Tel.: 011 613 7438/7812 | Faks: 011 613 4734 | info@rebelo.co.za