AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Regte bande vir die taak

Dit is baie belangrik dat ‘n mens seker maak dat die bande wat jy koop, geskik is vir die taak wat wag.

Promosie-artikel:

Dit is baie belangrik dat ‘n mens seker maak dat die bande wat jy koop, geskik is vir die taak wat wag.

Die regte bande vir die regte werk. Tubestone verskaf bande aan verskeie vervaardigers van werktuie in Suid-Afrika. Dit is dus vir ons belangrik om nou saam te werk met die vervaardigers om die regte band aan te beveel vir die spesifieke toepassing.

Op plase waar baie dorings op lande voorkom, of waar boere gereeld pap wiele kry, is dit noodsaaklik om ‘n hoër laag band te gebruik. Dit is baie belangrik dat ‘n mens seker maak dat die band wat jy koop, wel geskik is vir die taak wat wag. Van die goedkoper bande is nie geskik vir plaaslike toestande of vir spesifieke vragte nie. Onthou, as jy nie seker is oor die produk nie, maak seker, vra jou handelaar en as hy nie weet nie, bel die invoerder of die vervaardiger.

Straallaag-bande en die invloed op die mark:

Straallaag-bande is die nuwe neiging, en net soos by motor- en vragmotorbande, is dit die beste bande wat beskikbaar is. Straallaag-bande hou meer as twee keer langer as kruislaag-bande. Ja, dit is heelwat duurder, maar ‘n gebruiker sal op die ou end ‘n besparing hê wat dit die moeite werd is. Dit is ook ‘n feit dat straallaag-bande ‘n besparing in dieselverbruik van 5% tot 11% kan beteken.

Spilpunt-bande:

BKT vervaardig ‘n spilpuntband wat spesiaal gebou is om die harde toestande van die Afrika-son beter te hanteer en dus langer te hou. Baie boere koop weer eens die goedkoopste band om geld te spaar, maar besef nie dat dié bande eintlik baie gespesialiseerd is nie. Almal weet dat bande rubber en olie bevat. Hoe minder olie, hoe gouer kraak die band en hoe korter sy lewensduur, veral in die son. BKT het juis bande ontwerp om langer te hou én om die gewig van spilpunttorings te kan dra. Baie spilpuntbande kraak omdat dit nie gebou is om dié gewig te dra nie. Voeg die son-faktor daarby en die band se lewensduur is nóg korter.

Waarom BKT?

BKT-bande is reeds die afgelope ses jaar in die mark en word deur Tubestone bemark. Beide Tubestone asook BKT staan agter dié produk. Sou u enige probleme ondervind, is daar altyd hulp beskikbaar, asook tegniese kennis. Al ons produkte is ten volle gewaarborg en word gerugsteun deur ‘n belofte van uitstekende diens.

Die Tubestone-waarborg:

Tubestone bemark die BKT landbou-bande asook die Nankang-passasiersbande in Suid-Afrika. Ons probeer om ‘n gehalte band teen ‘n bekostigbare prys aan klante te lewer. Boere moet besef dat goeie bande een van die belangrikste faktore is om op die lange duur geld te spaar.

Navrae: Tubestone, Tel: 021 510 6746, Faks: 021 510 6772

Webwerf: www.tubestone.co.za

2 Julie 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot