Om ’n stuk veld of aangeplante weiding in ’n goeie toestand te hou, moet die veld van tyd tot tyd gerol word terwyl nuwe grasse gesaai of hersaai word.
Die nuwe Grass 300 van Agro-Masz oorkom hierdie hindernisse met gemak. Deur die grond so min moontlik te versteur, word die toestand van weiveld en weidings verbeter. Grondbelugting verminder waterverdamping, maak die grond los en verbeter plantegroei.
Die Grass 300-eenheid is met ’n skraapstaaf toegerus wat bykomend aangebring kan word. Sy taak is om molshope en ander ongelykhede in die veld gelyk te maak. Die skraper het hidrouliese werking sodat die gebruiker beheer oor die werking kan behou.