AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA trekkermark van nader bekyk

Hoe is dit moontlik dat sóveel trekkermodelle in 'n beperkte mark te koop is? 'n Ontleder bekyk neigings op die plaaslike trekkermark.

Bykans 'n dekade gelede, in Augustus 1999, is die vraag gevra: Hoe is dit moontlik dat 23 vervaardigers meer as 280 verskillende trekkermodelle te koop kan aanbied in 'n mark wat nie meer as 2 500 eenhede kan hanteer nie?

Dít is Suid-Afrika se trekkermark wat hier ter sprake is. Aan die woord is dr. Jim Rankin, 'n kenner van die trekkerbedryf en eienaar van die publikasie Agfacts en die webwerf www.agfacts.co.za. Rankin hanteer ook die sekretariaat van die SA Landboumasjinerie-assosiasie.

In die November-uitgawe van Agfacts skryf Rankin oor die neigings in trekkerverkope in die plaaslike mark sedert 1991.

" In 2001 was daar 20 vervaardigers wat 268 modelle bemark het in 'n mark waarin net 2 847 trekker-eenhede verkoop is: Nie veel anders die situasie in 1999 nie," sê hy.

Kyk op die meegaande grafiek na trekkerverkope, asook die aantal modelle wat in daardie tydperk beskikbaar was.

Bron: Agfacts

Die staaflyne op die grafiek is trekkerverkope en die blou lyn aan die bokant is die aantal beskikbare modelle.

Rankin sê die verhouding tussen trekkerverkope en die getal modelle maak in 'n sekere mate sin van Januarie 1991 tot die middel van 1997. Gedurende dié tydperk, toe verkope getaan het, het die aantal modelle minder geword, maar wanneer verkope gestyg het, is meer modelle te koop aangebied.

" Die 12 maande tydperk tot Augustus 1998 is egter onverklaarbaar. In dié tydperk het trekkerverkope 'n duidelike dalende neiging getoon, maar die getal modelle het met meer as 30% toegeneem (van 265 modelle tot 345 modelle)."

Daarna het die aantal modelle merkbaar verminder tot 247 aan die begin van 2002. In daardie stadium was net die helfte van die modelle beskikbaar, vergeleke met die aanbod in 1997.

Sedert die begin van 2002 het die 12 maande-trekkerverkope opwaarts beweeg tot sowat 4 700 eenhede in mid-2003; tot 5 500 eenhede teen die einde van 2006 en tot die huidige rekordvlak van net meer as 7 000 eenhede.

Altesaam 387 modelle is tans op die plaaslike mark te koop teenoor die rekordvlak van 448 modelle in April 2008.

Rankin sê die rede vir die toename in die aanbod van modelle is die skrapping van die beskermingsmaatreëls vir plaaslike enjin-vervaardigers in 1994. Dit het die plaaslike mark ontsluit en sedertdien het die aanbod van verskillende modelle meer as verdubbel: Van 163 in Desember 1993 tot 345 modelle in Augustus 1998.

" As die hoogtepunt van verkope in 1997 vergelyk word met die huidige hoogtepunt, blyk dit dat verkope nou sowat 15% hoër is, met sowat 40% meer modelle om uit te kies. Om regverdig te wees, moet genoem word dat trekkers met kajuite as bykomende modelle beskou word."

Van die 21 trekkervervaardigers wat in Suid-Afrika verteenwoordig word, bied John Deere 80 modelle aan, Landini bemark 44 modelle, New Holland het 43 modelle beskikbaar en en Case International bemark 35 modelle.

Die 387 trekkermodelle wat in Suid-Afrika besikbaar is, wissel van 11 kW tot 410 kW en die prysklas strek van R2 207/kW tot R13 678/kW.

Volgens Rankin het die volgende veranderinge in die plaaslike trekkermark die afgelope vyf jaar plaasgevind:

  • Die getal trekkers in die 20 tot 30 kW-kategorie het met 114% vermeeder.,

  • Die getal modelle in die " middel-groottes" (60 tot 100 kW) het met 57% gestyg, van 101 to 133.

  • Die aantal " baie groot" modelle (meer as 150 kW) het van 23 tot 43 toegneem (met 87%).

  • Altesaam 59 modelle boordtrekkers is tans beskikbaar.

    11 November 2008

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.10
    +0.3%
    Rand - Pond
    22.30
    +0.5%
    Rand - Euro
    19.63
    +0.3%
    Rand - Aus dollar
    12.10
    +0.6%
    Rand - Jen
    0.14
    +1.8%
    Platinum
    967.40
    +0.8%
    Palladium
    1,436.35
    +1.4%
    Goud
    1,963.81
    -0.5%
    Silwer
    23.33
    +0.0%
    Brent-ruolie
    78.65
    +0.7%
    Top-40
    70,865
    +0.6%
    Alle aandele
    76,480
    +0.6%
    Hulpbronne 10
    66,658
    +0.3%
    Industriële 25
    103,311
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,614
    -0.1%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Opsoek na liefde
    Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
    Kom ons skryf ons eie roman
    Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot