AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Saaiboer maak eie diesel

Dié vernuftige boer vervaardig sy eie biodiesel uit sonneblomme - teen R4,15 per liter!

Dit raak al hoe noodsaakliker dat boere beheer oor hul boerdery en oor veral stygende produksiekoste kry. Deur hul eie diesel op die plaas te vervaardig, kan hulle dit regkry. Só glo 'n boer van Noordwes wat 'n biodieselaanleg op sy plaas het waar hy vir sy eie voertuie brandstof vervaardig.

Ná heelwat navorsing het ou, ongebruikte sonneblomperse wat nie meer winsgewend was nie deel geword van 'n eg Suid-Afrikaanse aanleg waar mnr. Jasper van Zyl suiwer diesel uit sonneblomme vervaardig.

Op die plaas Boskop, Bloemhof, is 'n aanleg gebou wat geskik is vir Suid-Afrikaanse toestande. Met heelwat inligting oor Duitse biodieselaanlegte het 'n ingenieur van Klerksdorp, mnr. Ivan Basson, 'n plaaslike aanleg gebou wat minder as 25 % van dié van ingevoerde toerusting kos.

Van Zyl sê veral in akkerbou kan 'n boer net oorleef deur sy produksiekoste deur eie inisiatiewe te verlaag en in toom te hou. Daarom het hy die aanleg laat oprig as deel van sy visie om self vir sy kinders en kleinkinders te sorg.

Sonneblomme, wat vir die maak van biodiesel gebruik word, is goedkoper om te vestig as mielies. Op sy plaas kan hy op 17 % van sy lande van 510 hektaar genoeg sonneblomme plant vir diesel om in ál sy behoeftes op die plaas te voorsien as die opbrengs 1,7 ton per hektaar is. Om elke jaar genoeg sonneblomme te verbou, word hy gedwing om wisselbou toe te pas. Saam met oorlêlande maak hierdie praktyk 'n opbrengs van 2,2 ton per hektaar moontlik.

Om die koste te beperk, berg hy self sy sonneblomme op. Hy bespaar op bewerkingskoste deur spoorverkeerbewerking en geenbewerking. Om sy lande te bemes, gebruik hy mis van die voerkraal op sy plaas, sy hoenderboerdery en 'n groot varkboerdery.

In die proses waardeur die diesel gemaak word, gaan niks verlore nie. 'n Proteïenryke neweproduk van die olie wat gepers is, is oliekoek. Dit gaan weer terug gaan na die voerkraal vir die beeste, hoenders en varke. Oliekoek kos R1 980 per ton as dit afgelewer word op die plaas. Met sy eie, goeie produk bespaar hy op dié koste. Die oliekoek is uitstekend om in 'n lek te gebruik.

Gliserol is nog 'n bruikbare neweproduk. Dit is die hoofbestanddeel van skoonheidseep en het volgens Van Zyl die potensiaal om die biodiesel as die hoofinkomstebron uit die aanleg te klop. Die moontlikheid om 'n afsaksel van vastestowwe te gebruik om onder meer koekies te bak, word ook ondersoek.

Van Zyl sê 'n mens kan die diesel wat in sy aanleg vervaardig word sonder enige omskakeling in enige dieselenjin gebruik. Jy hoef dit ook nie met ander diesel te meng nie.

Basson is die man wat die aanleg ontwerp, die tegniese spesifikasies vasgestel en die beplanning gedoen het. Afgesien van die sonneblomperse bestaan die aanleg uit 'n rolsif waarmee die klippies en sand verwyder word. Van dié sif af word die sonneblomme met 'n awegaar na die oorhoofse vulbak ("hopper") gevoer, vanwaar dit deur die pers gaan.

Die uitgeperste olie gaan na 'n uitsaktenk waarin die olie en die vaste stowwe geskei word. Van dié tenk af gaan die olie na 'n tenk wat as prosesreaktor dien. In hierdie tenk vind die dieselreaksie plaas. 'n Katalisator en metanol word vir dié reaksie gebruik.

Daarna word die swaarder elemente in die diesel afgetrek as gliserol wat vir seep gebruik kan word. Daarvandaan gaan die diesel deur drie filters na 'n opgaartenk en 'n waterverwyderaar. Van die opgaartenk af gaan die diesel deur nog twee filters na die dieseltenk. Daar word die finale produk opgeberg.

Basson sê die groot aantal filters waardeur die diesel tot 2 mikron - so skoon soos suiwer water - gesuiwer word, is die grootste verskil teenoor aanlegte wat jy uit Duitsland kan invoer. Die Suid-Afrikaanse proses kan onsuiwerhede beter verwyder.

Alle komponente van die aanleg word in Suid-Afrika vervaardig. Jy hoef niks in te voer nie, met die uitsondering van die gietstukke wat vir nuwe olieperse gebruik word. Die volledige aanleg kos R800 000 teenoor die ingevoerde produk wat sowat R4 miljoen kos.

Hy sê die diesel wat in die aanleg vervaardig word, het 'n besonder lae vryevetsuurinhoud. Die pH is baie naby aan neutraal. Dit is 'n uitstekende eienskap, want hoe nader aan neutraal die pH is, hoe beter is die produk. In navorsing het hy bevind verskillende katalisators kan vir verskillende soorte olie gebruik word. Die olie wat in hierdie aanleg gebruik word se gehalte is deurlopend dieselfde, wat die proses aansienlik vergemaklik.

Van Zyl sê die aanleg werk 11 uur per dag. Gemiddeld 320 liter diesel word van elke ton sonneblomme vervaardig. Teen 'n sonneblomprys van R1 700 per ton plus R240 vir die katalisator, minus R612 vir 680 kg oliekoek as neweproduk, kos 'n liter bio-diesel R4,15.

Afgesien van die besparing aan brandstof, bespaar hy aan voerkoste en skep hy werk. 'n Aanleg soos dié kan binne drie maande gebou en in werking gestel word.

  • Navrae: Mnr. Van Zyl, sel 083 433 4553; of bel 083 458 7075 of 082 809 3448.

    7 Oktober 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.45
    +0.4%
    Rand - Pond
    22.65
    -0.0%
    Rand - Euro
    19.92
    +0.2%
    Rand - Aus dollar
    12.35
    +0.1%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.7%
    Platinum
    978.50
    +0.6%
    Palladium
    1,382.49
    -1.7%
    Goud
    1,941.44
    +0.1%
    Silwer
    22.40
    0.0%
    Brent-ruolie
    75.32
    +2.0%
    Top-40
    69,532
    +1.1%
    Alle aandele
    75,004
    +1.0%
    Hulpbronne 10
    65,099
    -0.9%
    Industriële 25
    101,417
    +1.6%
    Finansiële 15
    15,366
    +2.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Wat jy sien is wat jy kry nie een vir baie woorde nie.
    Moet my leer ken sodat ek hulle kan leer ken. Nie een vir baie woorde nie. Maar eerlikheid is n moet.
    Leef, vergeet van gister, die lewe is kort
    Ek is saggeaard, lewenslustig 'n Christen, spontaan met tye en ooo baaaaie verstrooid!!! Ek lief die buitelewe en die rustigheid. Mal oor die wind deur my hare en baie...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot