AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

SAB skenk R8 miljoen se werktuie aan ontwikkelende boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die oorhandiging. Foto: Verskaf deir SAB/FarmSol Holding
Die oorhandiging. Foto: Verskaf deir SAB/FarmSol Holding
Danksy ’n skenking van R8 miljoen se trekkers en werktuie van Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) sal ’n gekeurde groep kleinskaalse ontwikkelende saaiboere in Noordwes nou hul produksie kan diversifiseer en verbeter.

Die projek sal deur die landboudienstemaatskappy FarmSol Holdings bestuur word.

In ’n verklaring verduidelik SAB dat dié moderne trekkers en werktuie teen “bekostigbare tariewe” aan hierdie boere verhuur word. Die boere is terselfdertyd opgelei en vaardig om hierdie tegnologieë te gebruik om hul produktiwiteit, winsgewendheid en volhoubaarheid te verbeter.

Me. Zoleka Lisa, SAB se visepresident van korporatiewe aangeleenthede, sê hierdie projek bou voort op SAB se samewerking met FarmSol sedert 2016. Tot dusver het SAB rentevrye lenings aan ontwikkelende boere onder FarmSol se toesig verskaf om hierdie boere in staat te stel om gewasse soos gars en konvensionele geelmielies te verbou. SAB koop die graan.

“Dalende opbrengste is ’n groot rede vir die groeiende aantal sukkelende kleinboere in Afrika. Daarby maak die hoë koste van landboumasjinerie, saam met min geleenthede vir finansiering, toegang tot boerderymeganisasie met die nuutste tegnologie ’n vergesogte droom vir baie nuwe swart boere.”

Luidens die verklaring sal gekeurde boere in Noordwes nou ook sojabone, sonneblomme, koring, kanola en hawer kan verbou. Hierdie gewasse sal hul inkomste diversifiseer, terwyl dit ook voordelige wisselbou met gars en geelmielies bevorder.

Mnr. Desmond Sibinda, een van die begunstigdes, sê die trekkers en werktuie sal hom en ander boere help om betyds te plant, geld te bespaar en te leer hoe om hul eie boerderytoerusting eendag te bestuur en te hanteer.

Mnr. Aron Kole, besturende direkteur van FarmSol, sê die nuutste meganisasie- en presisieboerderytegnologie sal nie net die begunstigde boere regstreeks bevoordeel nie, maar ook bydra tot ontwikkeling en armoedeverligting.

Altesaam 41 ontwikkelende boere van Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga neem tans deel aan FarmSol se program. Die program het reeds bygedra tot die skepping van 50 heeltydse en 224 tydelike werksgeleenthede in die betrokke landelike gebiede.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot