AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sakkies uit Spanje beskerm trosse

Druiwetrosse wat met dié sakkie bedek word se gehalte is baie beter as trosse wat nié bedek word nie.

'n Sakkie waarmee druiwetrosse al etlike jare lank baie doelteffend in Spanje beskerm word, is ook nou vir plaaslike tafeldruifprodusente beskikbaar.

'n Onderneming van De Doorns, Glopack, voer die sakkies uit Spanje in. Dit is reeds geruime tyd in die vernaamste produksiegebiede in die Wes- en Noord-Kaap en Namibië beskikbaar. Die onderneming versprei dit nou ook in die provinsies Mpumalanga en Limpopo.

Mnr. Japie Jacobs van Glopack sê die sakkie het verskeie voordele bokant ander produkte vir trosbeskerming deurdat dit die tros byna heeltemal bedek. Dit is net onder oop. Op dié manier laat dit genoeg lig deur sonder dat skadelike strale sonblos veroorsaak. Dit beteken loofbestuur kan optimaal toegepas word.

Die sakkie word van 'n spesiale soort papier en gom gemaak wat teen reën bestand is. As dit reën of dou bly die korrels besonder droog omdat die sakkie die vog absorbeer. Dit beperk onder meer die ontwikkeling van swamsiektes.

Ander voordele van die sakkie is:

  • Dit beskerm trosse teen windbeskadiging en skaafmerke.

  • Dit hou trosse vry van vuilheid, stof en watermerke.

  • Dit beskerm teen voëls.

  • Dit hou insekte en sade uit.

    Volgens mnr. Jacobs is die beste tyd om trosse met dié sakkie toe te maak vier tot ses weke voor oestyd.

    Uit proewe wat die onderneming in 'n blok Dauphine-druiwe op die plaas De Wet in die Hexvallei gedoen het, het dit onder meer geblyk dat suurvrot, wat weens meganiese beskadiging en voëlbyte ontstaan het, ná bedekking met die sakkies nie verder versprei het nie. By die onbedekte trosse het die probleem vererger.

    Ná verpakking in kissies van 4,5 kg en opberging van 11 weke teen 0,5 °C en 'n verdere vyf dae teen 7,5 °C, was die totale graad van bederf by trosse wat onder beskerming was 11,1 %, teenoor die 27,4 % by onbedekte trosse. Die meeste bederf by die bedekte trosse was toe te skryf aan meganiese beskadiging deur werktuie.

    Uit 'n ekonomiese oogpunt is die sakkie in verskeie opsigte vir die boer van groot waarde. Omdat die trosse goed beskerm word, word minder spuitstof teen siektes en insekte benodig. Dit bring nie net 'n besparing mee nie, maar verminder ook die kans op gifneerslae in die uitvoerproduk. Minder mense en tyd is in die pakhuis nodig omdat daar min beskadigde korrels is wat uitgesny moet word.

    'n Verdere voordeel is dat die boer nie die druiwe hoef te pluk voordat dit heeltemal ryp is nie. Hoe langer die trosse aan die stokke bly, hoe beter is die smaakontwikkeling. Danksy die verlenging van die seisoen word oesdruk verlig. Die boer kan ook sy lewering beter bestuur om voordeel te trek uit wisselende pryse.

    Die druiwe se gehalte is beter, wat hoër pryse en makliker marktoegang kan beteken. Mnr. Jacobs sê sommige Europese invoerders dring reeds op die gebruik van hierdie sakkies aan.

    Minder trosskade beteken ook groter produksievolumes, wat die boer se inkomste per hektaar en sy netto wins sal verhoog.

    Nóg 'n voordeel van die sakkies is dat die korrelkleur wat die mark vereis, makliker bereik word en deurlopend dieselfde bly. Dit is veral by wit kultivars, soos Waltham Cross, Dauphine en Thompson Seedless, 'n groot voordeel. Trosse behou ook hul natuurlike waas.

    Mnr. Jacobs sê die sakkies kan herbenut word indien dit versigtig afgehaal word. Die ideaal is om die tros met sakkie en al af te sny en dit dan in die pakhuis af te haal en op te vou.

    Die onderneming voer ook vanjaar vir die eerste keer 'n groeibuis vir jong stokke uit Spanje in. Wat dié buis besonders maak, is dat dit bo toevou om die plantjie te beskerm wanneer onkruiddoder gespuit word.

    28 November 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.41
    +0.7%
    Rand - Pond
    22.57
    +0.3%
    Rand - Euro
    19.85
    +0.5%
    Rand - Aus dollar
    12.31
    +0.4%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.8%
    Platinum
    986.63
    +1.5%
    Palladium
    1,404.92
    -0.1%
    Goud
    1,939.77
    -0.0%
    Silwer
    22.33
    -0.3%
    Brent-ruolie
    75.32
    +2.0%
    Top-40
    69,628
    +1.2%
    Alle aandele
    75,085
    +1.1%
    Hulpbronne 10
    65,432
    -0.4%
    Industriële 25
    101,440
    +1.6%
    Finansiële 15
    15,349
    +1.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Ek weet wat ek uit die lewe wil he
    Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
    Kom ons vat 'n Kans
    Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot