AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4434
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8140
-83,00
SUNS
24 Mrt
-
8714
-141,00
WEAT
24 Mrt
-
6400
43,00
WMAZ
24 Mrt
-
3838
51,00
YMAZ
24 Mrt
-
4017,6
21,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Skroot word werkskepper

Danksy die visie van 'n Oos-Kaapse egpaar word uitgediende optiese kabels in waardevolle omheiningsmateriaal en ander huishoudelike produkte omgeskep.

Die onderneming verskaf ook werk aan meer as 100 mense op 'n plattelandse dorpie.

Die belangstelling wat hierdie gesin in die welsyn van hul medemens het, was die katalisator vir 'n familie-onderneming wat nou daagliks kos op die tafels van honderde mense op die plattelandse dorpie Bedford verseker.

Met die besoek aan Thembani Bedford Manufacturers in die Oos-Kaap is dit 'n vriendelike mev. Lana Blom (51), eienaar van die onderneming, wat Landbouweekblad verwelkom. Sy is 'n deeltydse lektor aan die Universiteit van Fort Hare en dit is duidelik dat die beroep van sielkundige waarvoor sy opgelei is ook in haar daaglikse omgang met mense neerslag vind.

Terwyl sy Landbouweekblad rondwys, word sy oral met 'n vriendelike glimlag begroet. Sy is immers die vrou wat verseker dat daar vandag kos op die tafel van baie gesinne is - gesinne wat voorheen net van die staat se welsyn afhanklik was.

Oor haarself praat sy moeilik en stribbel teë as daar 'n foto van haar geneem word. Oor die onderneming wat uit skroot nuttige materiaal vervaardig en die werk wat geskep word, is sy egter geesdriftig en ken alle aspekte van die besigheid op die punte van haar vingers.

Toe sy en haar man, Ben, sewe jaar gelede van Fort Beaufort na Adelaide verhuis het, het hulle bewus geword van die groot nood onder mense wat sukkel om in die landelike gebiede 'n werk te kry. Hulle het 'n meubelfabriek op Bedford geopen en ses mense in diens geneem. Drie jaar gelede het hul pad met dié van mnr. Dreyer Pieterse, 'n direkteur van Sindawonye Granulators, 'n swart bemagtigingsorganisasie in Port Elizabeth, gekruis.

Ná verskeie gesprekke het Pieterse ingestem om aan hulle uitgediende optiese kabel, wat van Telkom en Abedare bekom word, te verskaf. Dit word as grondstof gebruik vir die vervaardiging van omheiningsmateriaal en ander huishoudelike produkte. Aanvanklik is slegs die stroopwerk op Bedford gedoen, waarna die grondstof na Port Elizabeth vervoer is waar dit in sparre en hoekstukke vir kartonhouers verwerk is. Sedert Februarie vanjaar is die hele onderneming op Bedford.

Die onderneming vervaardig tans sowat 100 000 sparre per maand. Die prys is nie net baie mededingend vergeleke met dié van houtpale nie, maar dié sparre is ook meer brandbestand en omgewingsvriendelik. Die sparre, wat in diktes van 35 mm, 50 mm en 70 mm vervaardig word, kan in enige lengte aan klante verskaf word.

"Omdat die pale elasties is, kan dit egter nie as 'n hoekpaal gebruik word nie. Dit vind nietemin wye toepassing in die vee- en wildbedryf en word ook as opleistutte in wingerde en boorde gebruik," sê Blom.

Die hoekstukke is veral in die uitvoerbedryf gewild om kartonne wat op palette verpak word stewig te hou. Daar is veral in Europa 'n "groen" bewuswording om eerder materiaal te gebruik wat herwin kan word, pleks van om bome af te kap om karton te vervaardig, sê sy.

Daar is klaarblyklik genoeg uitgediende optiese kabel in die land beskikbaar om die pale te vervaardig. Volgens haar kan alternatiewe grondstowwe, soos die plastiek van ou rekenaars en koeldrankbottels wat nie uit PVC vervaardig is nie, ook vir dié doel gebruik word sou daar eendag 'n tekort aan optiese kabel ontstaan.

Nagenoeg 14 ton skroot word op 'n keer by die perseel op Bedford afgelewer. Die verskillende tipe kabels word gesorteer voordat dit deur opgeleide werkers gestroop word. Die plastiekgedeelte word verkorrel en saam met ander poli-afval wat deur Sindawonye verskaf word, gemeng om die sparre te maak.

Die optiese kabel, wat uit Kevlar bestaan, word in drie lotte gesorteer. Dit kan onder meer gebruik word vir borduurwerk op duvets en selfs vir die maak van koeël-vaste baadjies.

Die houttolle waarom die kabel gedraai was, word ook gestroop. Die ystergedeelte word onder meer gebruik om diefwering mee te vervaardig, terwyl die dennehout vir die maak van meubels, waaronder koffietafels en tuinstoele, ingespan word. Die hout wat nie herwin word nie, word gratis aan die gemeenskap vir vuurmaakhout verskaf.

Blom sê hul onderneming ontvang geen vergoeding van die staat vir die werk wat op Bedford gedoen word nie. "Ons is uitsluitlik 'n familie-onderneming. Die enigste voordeel is dat die grondstof teen billike pryse deur Sindawonye aan ons verskaf word en dat Telkom die projek ondersteun.

"Die werkers ontvang meer as die minimum loon. Hulle het egter saamgestem dat pleks van oortydbetaling dit beter is om twee skofte in te stel om sodoende aan meer mense op die dorp werk te verskaf."

Die Bloms het intussen ook 'n sentrum vir gestremde kinders van die gemeenskap geopen.

"Die groot uitdaging is om ons onderneming in 'n winsgewende onderneming te omskep wat tot volhoubare werkskepping sal lei en nuwe hoop aan mense op die platteland bied."

9 Desember 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.21
-0.7%
Rand - Pond
22.31
-0.3%
Rand - Euro
19.64
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.13
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
981.46
-0.3%
Palladium
1,412.24
-0.7%
Goud
1,987.18
-0.3%
Silwer
23.11
-0.0%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,161
-1.3%
Alle aandele
74,658
-1.2%
Hulpbronne 10
63,761
-2.2%
Industriële 25
101,863
-0.8%
Finansiële 15
15,219
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot