Sleeptrekkers in Suid-Afrika kan eersdaags "gewettig" word, sê die Tegniese Komitee vir Sleeptrekkers in Suid-Afrika.
Dié unieke Suid-Afrikaanse ontwikkeling, wat deel vorm van die produkte van verskeie plaaslike maatskappye, het gelei tot plaaslike vervaardiging, indiensneming van werkers en die skep van uitvoermoontlikhede.
Die vernuwende ontwerp en ontwikkeling van die sleeptrekker in Suid-Afrika spruit uit verskeie behoeftes in die suiker- en bosboubedrywe:
Die oorsprong van die sleeptrekker is 'n gewone landboutrekker. Gewone trekkers kon in baie gevalle aangepas word sonder om die ratkas of haakpunte vir sleepwaens te beïnvloed. Dit het nietemin gewone landboutrekkers gebly en het steeds al die kenmerke vir landboudoeleindes gehad, veral die driepunthaak vir implemente. Die haak was heeltemal oorbodig vir die doel van sleeptrekkers. Weens die uiters klein getal wat nodig is, was oorsese vervaardigers van landboutrekkers traag om trekkers spesifiek aan te pas vir die betrokke nismark.
Dit het 'n geleentheid geskep vir plaaslike vervaardigers van trekkers en haakpunte om nou saam te werk met die suiker- en bosboubedryf en om pasgemaakte trekkers te ontwerp wat geskik sou wees vir, onder andere, die bedrywe. Ironies genoeg, was dit een van die oorspronklike ontwerpkenmerke van die sleeptrekker wat bekend gestel is om die werkverrigting en veiligheid van die trekker-/sleepwakombinasie te verbeter, wat daartoe gelei het dat dit "onwettig" geword het kragtens die Nasionale Padverkeerswet, 1996 (NPVW). Die las wat die trekker met die half-sleepwa gedeel het, het beteken dat dit kragtens die WPV geklassifiseer is as 'n voorspanmotor. Dit het beteken dat sleeptrekkers herklassifiseer is as hoëspoedvoertuie met al die gepaardgaande vereistes ten opsigte van beter remstandaarde en hoër krag-/massaverhoudings.
Ongeag die "onwettigheid" van die sleeptrekker, is ontwikkeling volgehou en het ons nou 'n voertuig wat onoortreflik is vir spesifieke vervoerbehoeftes. Na baie jare van gebruik in die bedryf en op die pad is bewys dat sleeptrekkers veilig is en dat dit die kostedoeltreffendste voertuig is vir kort sleepafstande van die suikerrietland of bos na die meule of punt vanwaar 'n ander vervoermiddel gebruik kan word. Veld- en baantoetse wat in 2003 gedoen is, toon dat die voertuig baie goed presteer binne die voorgestelde spesifikasies.
In 1996 het die Instituut vir Padvervoeringenieurs (IPVI) vertoë gerig aan die Nasionale Departement van Vervoer om die Nasionale Padverkeerswet aan te pas en onwettige "sleeptrekkers" van die pad af te kry, of om wetgewing in te stel vir 'n nuwe kategorie met vereistes vir voertuie waaraan die "onwettige" trekkers sou kon voldoen. Die IPVI het gemeen die bestaande gebruik van die trekkers op openbare paaie is onveilig en dat dit die vervoertariefstruktuur sou beïnvloed.
Uiteindelik is 'n tegniese werkgroep aan die begin van 2003 saamgeroep om sleeptrekkers te evalueer en om gepaste wetgewing met regulasies voor te stel om padveiligheid, beskerming van padinfrastruktuur en billike mededinging in die padvragvervoerbedryf te verseker.
Die voorgestelde regulasies vir sleeptrekkers behels die volgende:
Die unieke Suid-Afrikaanse ontwikkeling wat deel vorm van die produkte van verskeie plaaslike maatskappye, het gelei tot die plaaslike vervaardiging, indiensneming van werkers en die skep van uitvoermoontlikhede. Sleeptrekkers gaan 'n logiese, welverdiende plek geniet in 'n die mark wat oor 'n geruime tyd getrou bedien is.
17 September 2004