AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sluittoestel fnuik diewe

Die blatante diefstal van sy vragmotors se noodwiele het 'n boer genoop om diewe te fnuik.

Die blatante diefstal van sy vrag-motors se noodwiele het mnr. Bertus van der Linden reeds jare gelede genoop om 'n sluittoestel te ontwerp en te patenteer wat selfs ervare noodwieldiewe kon kortwiek.

Van der Linden se sluittoestel was nou wel doeltreffend om sy vragmotors se noodwiele te beskerm, maar sedert hy die langpad vaarwel toegeroep het en hom op Gunyula, naby Letaba in die provinsie Limpopo, kom vestig het, het hy hom in nóg nuwe euwels vasgeloop, naamlik die diefstal van voertuigbatterye en dompelpompe.

Die basiese beginsels van die sluittoestel vir noodwiele is ingespan vir die planne waarmee batterye en dompelpompe be-skerm kon word. Die sluittoestel vir batterye bestaan uit 'n klampstelsel wat aan 'n voertuig vasgebout word. Dit maak voorsiening vir verskillende groottes batterye omdat die hoogte en die wydte verstelbaar is. Om te verhoed dat boosdoeners die stelsel losbout, word die boutkoppe met twee staaldoppe of sperhulse bedek. Dié twee staaldoppe word met 'n lang bout aanmekaar vasgebout. 'n Hangslot deur die boutskag tussen twee keerstawe verhoed dat dit losgemaak kan word. Van der Linde sê die toestel waarmee 'n dompelpomp beskerm word, het ook heelwat dinkwerk geverg. Dié toestel bestaan uit verskeie onderdele.

Eerstens is daar 'n ronde ring met twee lang boute (16 mm x 250 mm elk) wat kan oopmaak om oor 'n pyp en ook binne-in 'n boorgatvoering te pas. Twee hakies aan skakels waarmee die ring aan die voering gehaak word, verhoed dat dit tydens die montering in die boorgat verdwyn. Twee gate word in die voering geboor en met die ring in posisie word staalboute (12 mm) met nylon-sluitmoere aan die binnekant in die gate vasgebout om te verhoed dat die ring boontoe uitgetrek kan word. 'n Standaard-dekplaat, met twee gate daarin geboor, word nou oor die twee lang boute geplaas en twee glypyp-passtukke word dan bo-oor die twee boute gepas.

'n Monteerplaat van 16 mm staal word nou oor die lang boute gepas en met sluitmoere vasgemaak. Twee staaldoppe word bo-oor die sluitmoere gepas en met 'n stewige skag aanmekaar en deur die vertikale sy van die monteerplaat gepas waar dit met 'n hangslot in 'n skermholte gesluit word.

Volgens Van der Linden is hierdie sluittoestelle van hom peutervry. Hy maak steeds sluittoestelle vir noodwiele van allerlei voertuie en sleepwaens asook swaardiensgrendels vir swaai- en skuifdeure.

  • Navrae: Mnr. Bertus van der Linden, tel. 015 386 8929, faks 015 386 8786 of sel 072 805 8400.

    9 Junie 2006

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.18
    -0.5%
    Rand - Pond
    22.21
    +0.1%
    Rand - Euro
    19.55
    +0.3%
    Rand - Aus dollar
    12.08
    +0.1%
    Rand - Jen
    0.14
    -1.0%
    Platinum
    975.70
    -0.9%
    Palladium
    1,428.85
    +0.4%
    Goud
    1,997.90
    +0.2%
    Silwer
    23.42
    +1.3%
    Brent-ruolie
    75.91
    -1.0%
    Top-40
    69,179
    -1.3%
    Alle aandele
    74,698
    -1.2%
    Hulpbronne 10
    64,279
    -1.4%
    Industriële 25
    101,581
    -1.0%
    Finansiële 15
    15,191
    -1.5%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Ek weet wat ek uit die lewe wil he
    Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
    Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
    Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot