AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Sonenergie besnoei kragverbruik

Die verhitting van water deur sonkrag waterverhitting hou besliste ekonomiese voordeel vir verbruikers in en subsidies is beskikbaar.

Promosie-artikel:

Die verhitting van water deur sonkrag waterverhitting hou besliste ekonomiese voordeel vir verbruikers in. Boonop het Eskom ? program geïmplementeer waarvolgens die koopprys van sulke goedgekeurde stelsels gesubsidieer word.

Waterverhitting deur sonenergie, eerder as ? konfensionele elektiese geyser, bied ? uiters sinvolle alternatief aan verbruikers. Deur sonkrag te benut kan die verhittingskoste van water, wat tot soveel as die helfte van ? gemiddelde huishouding se elektrisiteitsrekening kan bydra, aansienlike besparing van elektriteitsverbruik en gevolglik ook kostes meebring.

Afhangend van die stelsel en die wyse waarop dit gebruik word, kan ? sonkrag waterverhittingstelsel in tussen 50% en 90% van ? huishouding se warmwaterbehoefte voorsien. Gemiddeld beteken dit ? besparing van tot 70% aan elektrisiteit wat vir waterverhitting aangewend word.

Eskom onderskryf nie slegs die aanwending van sonenergie vir die verhitting van water nie maar ondersteun dit ook deur ? volgehoue program wat, mits die sonkragstelsel wat geïstalleer word aan sekere neergelegde vereistes voldoen, dit deur hulle gesubsidieer word. Met hierdie program verbeter Eskom die toeganklikheid tot gehalte sonkrag waterverhitters deur dit meer bekostigbaar vir verbruikers te maak.

Maak ‘n bydrae

Gebruikers van sonenergie dra ook by tot verminderde elektrisiteitsaanvraag en stel sodoende kapasiteit op die nasionale kragvoorsieningsnetwerk beskikbaar. Daarby maak hulle ook ? positiewe bydrae tot die globale aksie van volhoubare en skoner energieproduksie en ? gesonder omgewing.

Suid-Afrika se klimaat, die beskikbaarheid van oorvloedige sonskyn en die beskikbaarheid van moderne sonkrag tegnologie, maak die aanwending van sonenergie vir waterverhitting betroubaar en kostedoeltreffend. Sulke stelsels, wat ? lewensverwagting van 15 jaar tot 30 jaar het, se doeltreffendheid verseker dat gebruikers daarvan ? aansienlike kostevoordeel uit hul belegging sal ervaar.

Eskom se sonenergie waterverhittingsprogram is ingestel om die gebruik van hernubare sonenergie te bevoder en verleen trouens finansiële steun by wyse van ? subsidie aan verbruikers wat sulke stelsels aanskaf. Hierdie subsidie word gebaseer op die grootte van die stelsel wat geïnstalleer word. Dit is slegs geldig vir die aankoop van SABS getoetsde en goedgekeurde sonkrag waterverhittingstelsels en kortings wissel na gelang die energiedoeltreffendheid van ? spesifieke stelsel.

Voorsieners van Eskom goedgekeurde sonkrag waterverhittingstelsels verkoop slegs stelsels wat SABS goedkeuring dra. Klante wat sulke geakrediteerde stelsels aanskaf ontvang boonop ? sertifikaat van voldoening wat sertifiseer dat die gehalte van hul stelsel aan alle gehalte- en veiligheidstandaarde van Suid-Afrika se bouregulasies beantwoord. Ook dat dit aan die SABS se vereistes vir uitbreiding of wysiging aan ? elektrisiteitstel voldoen.

Só werk die subsidie

Slegs stelsels wat wat deur Eskom goedgekeurde verskaffers voorsien word en wat deur die SABS geakrediteer is kwalifiseer vir aansoek om ? subsisie.

Die Eskom geakrediteerde verskaffer/installeerder sal die nodige eisvorm waarop hul inligting reeds aangebring is aan die koper voorsien.

Die koper voltooi die eisvorm volledig en heg benodigde stawende dokumente (die stelsel se oorspronklike verkoopsfaktuur, afskrif van ID-dokument en ? kopie van sy verbruikersrekening as bewys van adres) daarby aan.

Hierdie papierwerk moet dan binne ses maande nadat die installasie voltooi is aan die ouditeure, Deloitte, gepos word. ? Geadresseerde koevert word vir die doel voorsien.

Die koper sal ? SMS-boodskap ontvang wanneer die aansoek deur die ouditeure ontvang word. Opvolgende SMS-boodskappe word weer gestuur wanneer die aansoek afgehandel en vir betaling deurgestuur word, of indien die aansoek onvolledig is. Uitbetaling geskied binne agt weke nadat die dokumente volledig ontvang is.

Subsidies verhoog

“Eskom het enkele maande gelede die vlakke waarteen subsidies op die aankoop van goedgekeurde sonkrag waterverhittingstelsels uitbetaal word aansienlik verhoog. Dit is ons strewe dat sulke stelsels deur meer Suid-Afrikaners gebruik sal word. Hierdie stap kan meebring dat meer huishoudings hul energiekostes met van 30 % tot 50 % sal kan besnoei,” sê mnr. Cedric Worthmann, Eskom se portefeuljebestuurder vir hernubare energie.

Hierdie verhoogde subsidies sal egter nie onbepaald geld nie, maar sal jaarliks vir die volgende vyf jaar na gelang van ekonomiese- en markverwikkelings afwaarts aangepas word.

“Dit is Eskom se doel om soveel moontlik Suid-Afrikaners weg van elektriese geysers na sonkrag waterverhittingstelsels te swaai. Dit word beraam dat daar tans ongeveer 4,2 miljoen elektriese geysers in die land in gebruik is, terwyl daar slegs sowat 76 900 sonkrag waterverhittingstelsels geïnstalleer is.

Deur laasgenoemde se markaandeel te vergroot sal aansienlike voordeel vir die land inhou, want elektriese waterverhittingstelsels is vir die verbruik van tussen 30 % en 50 % val die totale elektrisiteitsverbruik in die huishoudelike mark verantwoordelik,” sê hy.

Vlakke waarteen subsidies tans aan kopers van sonkrag waterverhittingstelsels uitbetaal word wissel tussen R2 100 en R12 500.

Huishoudings en ook boerderye wat reeds sonkragstelsels vir die verhitting van water aangekoop en laat installeer het, is baie tevrede met die resultaat daarvan, maar veral ook beïndruk met die elektrisiteitsbesparing wat daarmee behaal word.

Navrae:

Verbruikers wat meer inligting oor enige aspek sonkrag waterverhittingstelsels verlang kan dit op die webwerf www.eskom.co.za/dsm  verkry. Navrae kan ook aan Eskom se “Solar Help Desk” by tel. 011 800 4744 gerig word.

26 Maart 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot