AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9994,8
-121,20
CORN
20 Mrt
-
4486,2
-14,80
SOYA
20 Mrt
-
9250
-125,00
SUNS
20 Mrt
-
9418
-220,00
WEAT
20 Mrt
-
6595
-44,00
WMAZ
20 Mrt
-
3968
-20,00
YMAZ
20 Mrt
-
4200
-1,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Sweisdinge wat pla

Landbouweekblad se artikelreeks oor gas- en boogsweistegnieke word afgesluit met 'n paar vrae en antwoorde.

Landbouweekblad se artikelreeks oor gas- en boogsweistegnieke word afgesluit met 'n paar vrae en antwoorde wat meer in die algemene belang is en gevolglik nie regstreeks beantwoord is nie.

JOHN RELIHAN van Kaapstad skryf dat hy maar " 'n vrotsige sweiser" is en wil weet wat die handelsname is van die "raak"-elektrodes wat sweiswerk vir die onervarenes makliker maak en waar 'n mens dit koop?

John vra ook wat die belangrikste verskille is tussen 'n MIG-sweismasjien en 'n konvensionele boogsweismasjien en watter voordele die een bo die ander bied.

NIC BOTHMA, Afrox se bemarkingsbestuurder (boogsweistoerusting), antwoord:

Die handelsname van die twee betrokke elektrodes is Vitemax en Afrolux en dit is by die meeste ysterwarewinkels beskikbaar.

Wat John se laaste vraag betref, is daar basies twee soorte MIG-sweismasjiene: 'n Geïntegreerde sweismasjien en nywerheidsmasjiene.

MIG-masjiene gebruik nie los elektrodes nie, maar wel 'n draad wat vanaf 'n spoel na en deur die sweishandstuk gevoer word. By geïntegreerde MIG-sweismasjiene is die kragbron en die draadvoerder 'n eenheid. Gewoonlik word hierdie masjiene as ligte industriële masjiene beskou aangesien die sweisampère (300 A) nie baie hoog is nie. Die draad is meestal 0,6 mm tot 1 mm dik.

Industriële MIG-sweismasjiene se kragbron is afsonderlik van die draadvoerder en die ampère strek tot 650. Hulle werk gewoonlik met draad van 0,9 mm tot 1,6 mm dik.

Net soos by konvensionele boogsweismasjiene het 'n MIG-sweismasjien ook 'n dienssiklus wat baie belangrik is om in ag te neem wanneer 'n sweismasjien gekoop word. (Meer word lateraan in die artikel oor die dienssiklus gesê.)

Vir die MIG-sweisproses word 'n draad (solied of kerngevul) en skermgas gedurende die sweisproses gebruik. Die sweisdraad word outomaties deur die draadvoerder na die sweishandstuk en die sweispoel gevoer. Die operateur hoef dus slegs die sweishandstuk op 'n konstante hoogte van die plaat af te hou en slegs die sweisspoed te beheer om 'n goeie sweislopie te lewer.

Omdat 'n eksterne skermgas gebruik word, is dit belangrik dat daar nie 'n beweging van lug of wind is tydens die sweisproses nie aangesien dit tot verlies van die skermgas kan lei en gevolglik poreusiteit in die sweisnaat sal veroorsaak.

Elektrode- of sweisstafieverliese word deur die MIG-sweisproses uitgeskakel omdat geen gedeelte weggegooi word soos in die geval van die boogsweisproses nie.

Soos vroeër aangedui, is 0,6 mm draad beskikbaar vir die MIG-sweisproses. Daarmee kan 'n baie dun plaat (0,8mm) maklik gesweis word.

Die MIG-sweisproses laat geen neerslag (slak) op die sweislas nie en gevolglik kan die sweispoel aansienlik beter gesien word as in die geval van boogsweis.

Die MIG-sweistoerusting is egter duurder as dié van normale boogsweismasjiene en eksterne skermgas vir die reeks soliede drade word ook vereis.

Van die belangrikste voordele van 'n MIG-sweismasjien bo 'n konvensionele boog-sweismasjien is dus dat dunner materiaal gesweis kan word sonder om gate deur te brand, dit meer geskik is om dik materiaal met hoë produksievereistes te sweis en dit makliker is om 'n skoon en netjiese sweislopie neer te slaan.

WERNER MÜHSFELDT, Posbus 523, Waterval-Boven, het die volgende probleme:

'n Kontrakteur het vir my gesê dat 'n oliebad-boogsweismasjien die beste is, maar my oliebad-masjien het my die afgelope twee maande nog net probleme gegee. Ek sweis omtrent tien minute dan sny die masjien uit. Wat kan die probleem wees?

Hoewel ek die aanbevole stroomsterkte gebruik, brand die elektrode steeds vas — dit het definitief nie nat geword nie. Wat is die probleem? Ek gebruik net Afrox Vitemax en ek gebruik 'n spanning van 90A en 'n elektrode van 2 mm.

NIC BOTHMA antwoord:

Die feit dat jou sweismasjien ná 'n tydperk uitsny, kan toegeskryf word aan 'n eienskap wat die spesifieke masjien se dienssiklus genoem word. Sweismasjiene word ontwerp om teen 'n sekere stroomsterkte vir 'n bepaalde tyd te werk waarna 'n termiese uitsnyskakelaar die kraglewering afsny totdat dit voldoende afgekoel het. Dit sal aanskakel as dit afgekoel het.

'n Voorbeeld hiervan is sweismasjien A met 'n gradering van 40 % by 200A. Dit beteken dat die masjien teen 200 A vir vier minute van elke 10 minute kan werk (sweis). Indien die stroom van 200 A tot 100 A verlaag word, sal die werk- of sweistydperk verhoog. Hierdie verhoging is afhanklik van die elektriese eienskappe van die spesifieke sweismasjien.

By die aankoop van 'n sweismasjien is dit dus belangrik om die dienssiklus van die masjien in aanmerking te neem.

'n Oliebad-sweismasjien het gewoonlik nie 'n termiese uitsnyskakelaar nie en die masjien sal die hoofskakelaar (van die kragtoevoer) afskakel wanneer dit 'n té hoë kragstroom verbruik.

Die aanbevole stroomsterkte vir 'n tipiese 2 mm-Vitemax elektrode is 40 A tot 80 A. Die feit dat die elektrode vasbrand, en veral wanneer die boog aan die gang gesit word, het te make met 'n eienskap wat as oopbaanspanning bekend staan.

Verskillende elektrodes vereis verskillende oopbaanspannings en dit is een van die redes hoekom dit so moeilik (en soms selfs bykans onmoontlik) is om 'n laewaterstofelektrode met 'n klein oliebadsweismasjien te gebruik.

Die minimum oopboogspanning wat vir 'n Vitemax-elektrode vereis word, is gewoonlik 35V. Hoe hoër die ampère-verstelling op die masjien hoe laer sal die oopboogspanning word.

Ek stel 'n laer ampère-verstelling op die masjien voor. Dit sal die oopbaanspanning verhoog en grotendeels die situasie beredder.

Onthou, wanneer met Vitemax-elektrodes gesweis word, is dit nie nodig om 'n boog te trek nie, die elektrode kan bloot aan die werkstuk raak waarna dit in die verlangde rigting beweeg kan word.

  • Landbouweekblad nooi lesers om sweiswenke in te stuur vir publikasie. Ons hoor ook graag van spesifieke sweisprobleme waarvoor die kundiges waarskynlik raad het. Skryf gerus aan: Doen dit só!, Landbouweekblad, Private sak X202, Pretoria, 0001, of e-pos aan: agroenew@landbou.com.

    30 Januarie 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.56
    -0.8%
    Rand - Pond
    22.63
    -1.1%
    Rand - Euro
    19.77
    -0.4%
    Rand - Aus dollar
    12.38
    -0.7%
    Rand - Jen
    0.14
    -1.9%
    Platinum
    970.12
    +0.2%
    Palladium
    1,408.78
    -0.2%
    Goud
    1,998.99
    +0.5%
    Silwer
    22.70
    +0.4%
    Brent-ruolie
    72.97
    -2.4%
    Top-40
    67,683
    +1.0%
    Alle aandele
    73,146
    +0.9%
    Hulpbronne 10
    65,032
    +3.4%
    Industriële 25
    98,057
    +1.0%
    Finansiële 15
    14,786
    -2.1%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Versigtiger
    Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
    Everyday is a good day
    Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot