AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Tegnologie verminder insette vir beter resultate

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die 2680H-hoëwerksverrigting-skotteleg. Foto: Verskaf
Die 2680H-hoëwerksverrigting-skotteleg. Foto: Verskaf
Met ’n groeiende wêreldbevolking sal produsente meer voedsel moet produseer ten spyte van meer struikelblokke.

“Die enigste manier om dit reg te kry is om meer uitsette met minder insette te verkry, en slegs tegnologie kan dit bewerkstellig,” het mnr. Jason Brantley, direkteur van Asië, Afrika en die Midde-Ooste by John Deere op die Africa Agri Tech-konferensie in Pretoria gesê.

Brantley het gesê John Deere het oor die afgelope twee jaar van ’n slimbedryfsmaatskappy in ’n tegnologiemaatskappy verander. Hy bestee jaarliks net minder as $2 miljard aan navorsing en ontwikkeling, met die grootste klem op tegnologie. “Dit is ons visie vir 2030 om die winsgewendste en produktiefste volhoubare produsente moontlik te help skep.”

Mnr. Hentie Breedt, bemarkings-en-kommunikasiebestuurder van John Deere Suid-Afrika, het gesê die maatskappy het drie fokuspunte: produksiestelsels, slimmasjinerie en die ondersteuning van kliënte oor hul hele werksleeftyd.

“Wat die produksiestelsels aanbetref, het John Deere oorgeskakel van die tradisionele manier om trekkers te vervaardig na ’n nuwe benadering om elke stap in die verskillende produksiestelsels te verstaan en daarvolgens masjinerie en tegnologie te ontwerp. Ons gaan kyk dus eers na die behoefte en verskaf dan die oplossing. Hierdie oplossings moet uiteraard nie net vir vandag en môre werkbaar wees nie, maar ook vir toekomstige oplossings.”

Klem op slimmasjinerie

Breedt het gesê die klem op slimmasjinerie is een van John Deere se groter fokuspunte. “Tegnologie is nie daar om mense en hul werk te vervang nie, maar om te doen wat mense nie kan doen nie. Tegnologie soos John Deere se See’nSpray-tegnologie identifiseer en bespuit onkruid binne millisekondes, terwyl dit kontantgewasse ignoreer. Die data wat daarin gaan, is amper ondenkbaar en terwyl een mens met ’n spuit kan loop en onkruid een-een bespuit, is dit nie doeltreffend nie. Tegnologie verrig dus die taak wat mense nie kan doen nie, maar terselfdertyd gaan mense steeds nodig wees om tegnologie te programmeer en te bestuur.”

Die laaste fokuspunt lê daarin om kliënte gedurende hul hele werksleeftyd te ondersteun, het Breedt gesê. “Dus gaan dit nie daaroor om die kliënt net vandag te ondersteun nie, maar om deurentyd ons kliënte die jongste tegnologie en ondersteuning regdeur sy boerdery se leeftyd te gee.”

Dit is ook nie net groter, kommersiële produsente wat hierdie ondersteuning kan verwag nie. “Die eerste oogopslag met tegnologie is die grootste masjinerie, maar ons tegnologie moet reg van intreevlak af relevant tot boere wees,” het Brantley gesê.

Breedt het gesê dat net basiese toerusting reeds ’n groot verskil tot produsente se boerdery maak. “Ons het byvoorbeeld in die Oos-Kaap gesien hoe meganisasie produsente se opbrengste van 1 t/ha mielies na 7 t/ha geneem het. Die langtermynklem is daarop hoe ons produsente kan help om produktiewer en volhoubaar te wees. Dit is ’n kopskuif om te maak, maar ons het die tegnologie. Dit is toeganklik en dit bied verskeie voordele aan ons produsente. Ons praat ook nie van tegnologie wat in die verskiet lê nie, maar wat nou beskikbaar is om ’n verskil in ons kliënte se besighede te maak.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot