
Advertensie:
'n Volledig toegeruste melkverwerkingsaanleg in Caledon sal as 'n lopende saak op tender verkoop word. Die onderneming is in die industriële gebied in Caledon. Dié dorp is in die Overberg-streek in die Wes-Kaap, sowat 100 km van Kaapstad en naby mineraalryke warmbronne geleë.
Met sy groen heuwel en goeie grond, is die area hoofsaaklik toegespits op landboubedrywighede en hier word meestal met graan en vee geboer.
Die eiendom bestaan uit 'n groot perseel van 9 154 m2 en sluit 'n industriële gebou en kantore van 1 628 m2 in, asook 'n stoor en werkswinkel van 179 m2 . Bykomend hiertoe is 'n laaiplek van 97 m2 en motorafdakke (111 m2) asook 'n area vir vullis.
Die roerende bates sluit in 'n pasteuriseringsaanleg, kaasverwerkingsaanleg, vul- en verpakkingsaanleg, koelkamers, kantoortoerusting, laboratoriumtoerusting, kombuistoerusting, kratte en algemene gereedskap (‘n volledige lys van dié roerende bates is beskikbaar).
Die onderneming kom met 'n gevestigde handelsnaam.
Mnr. Albie Loubser van BKB Eiendomme is opgewonde oor die belofte wat dié eindom bied. “Dit is 'n uitstekende besigheidsgeleentheid in die hartjie van die asemrowende Overberg-streek en slegs n uur se ry van Kaapstad af. Die belangstelling wat voornemende kopers tot dusver in die eiendom toon, dui daarop dat dit n baie goeie besigheidsvooruitsig bied. Tenderdokumente is by BKB Eiendomme, Cecilia Square, Ceciliastraat 100, Paarl, beskikbaar. Die laaste kans om tenders in te dien is Vrydag, 26 September 2014, om 12:00 nm. Die ingediende tenders word om 12:15 op Vrydag 26 September oopgemaak. Besigtiging van die perseel slegs op afspraak. * Kontak Willie van Rensburg by 083 261 7641083 261 7641 of willie.vanrensburg@bkb.co.za, Albie Loubser by 082 573 9902082 573 9902 of die kantoor by 021 872 6533021 872 6533, of besoek www.bkb.co.za.