Volgens mnr. Leon Pretorius, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, is verkope vir die jaar tot dusver byna 50% hoër as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Stroperverkope bly sterk en vir die jaar tot nou toe is verkope meer as dubbel vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Gedurende die eerste nege maande van die jaar het boere die geleentheid van goeie oeste, goeie kommoditeitspryse en gunstige pryse vir landboutoerusting benut om verouderende toerusting te vervang. Hoewel sekere van die fundamentele aspekte nou verander het, bly die vraag in die mark goed.
Met die aanvang van die somersaaiseisoen wag boere nou vir algemene reën. Die vraag na landboutoerusting vir die res van die jaar behoort goed te bly, maar dit sal grootliks afhang van die weersomstandighede.
7 Oktober 2008