
Dié syfer is effens hoër as die 979 eenhede wat in Oktober 2011 verkoop is. Die bedryf gaan tans van krag tot krag met verkope wat byna 12% hoër is as vir dieselfde tydperk in 2011.
Volgens ’n persverklaring van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie (SAAMA) was stroperverkope van 34 eenhede heelwat laer as die 45 eenhede wat in Oktober 2011 verkoop is. Stroperverkope is egter in geheel byna 33% hoër as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Mnr. Callie Human, voorsitter van SAAMA, sê trekkerverkope vir die 2012-kalenderjaar sal tussen 8 000 en 8 800 wees, dus tussen 10% en 20% meer as die 7 400 eenhede wat in 2011 verkoop is.