Stroperverkope van 13 eenhede in Januarie is dieselfde as verlede Januarie.
Die toenemende momentum in verkope van landboumasjinerie wat verlede jaar ervaar is, is volgehou in Januarie, sê mnr. Leon Pretorius, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie.
"Die meeste fundamentele aspekte in die mark is steeds positief. Die goeie algemene reën, hoewel dit redelik laat begin het, het daartoe gelei dat somergewasse in dié stadium goeie potensiaal toon. Oespryse het tot " groot mate gestabiliseer gedurende die afgelope maande en rentekoerse behoort oor die mediumtermyn afwaarts aangepas te word. Baie boere het van die geleentheid gebruik gemaak om nuwe toerusting te koop teen die laer pryse vir voorraad wat van toepassing was voor die waardevermindering van die rand laat in 2008."
Twee negatiewe faktore skuil egter op die korttermyn. Dit is die hoër pryse vir landboumasjinerie na die waardevermindering van die rand en finansiële instansies wat strenger optree ten opsigte van beskikbare krediet. Algemene verwagtinge dui daarop dat verkope van landboumasjinerie in 2009 nie so hoog sal wees as wat in 2008 ervaar is nie.
5 Februarie 2009