
Trekkerverkope van 470 eenhede vir Augustus was 4% laer as die 490 eenhede wat verlede Augustus verkoop is.
Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is nou 12% laer as vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Stroperverkope in Augustus was 23% laer as verkope verlede Augustus en vir die jaar tot dusver is stroperverkope 36% laer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Mnr. Leon Pretorius, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê laat someroeste en lae mieliepryse het steeds ’n nadelige invloed op die trekkermark. Boere is nie onder druk om onmiddellik enige koopbesluite te neem nie en daarom sal ons eers ’n beter aanduiding kry van markrigting sodra die somereën ernstig begin val.
Die trekkermark word verbeter deur onlangse regeringstenders en daardie trekkers word nou afgelewer. Die tenderaktiwiteit sal waarskynlik volgehou word gedurende die volgende paar maande. Volgens ramings in die bedryf, sal trekkerverkope steeds sowat 5 000 eenhede wees, sowat 10% laer as trekkerverkope verlede jaar.
6 September 2010