
Daar is vanjaar 559 trekkers gedurende Januarie vanjaar verkoop, 20% meer as die 465 in Januarie verlede jaar. Vier stropers is verkoop, een minder as Januarie verlede jaar.
Mnr. Karel Munnik, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie, sê volgens aanvanklike aanduidings, gegrond op die oesskattingskomitee se voorlopige skattings vir mielie-aanplantings, is die grootte van die huidige mielie-oes soortgelyk aan verlede jaar se oes.
Volgens aanvanklike beramings sal trekkerverkope vanjaar soortgelyk aan verlede jaar se verkope wees, terwyl stroperverkope ongeveer 10% laer as verlede jaar sal wees.