
Trelleborg het AGCO se Beste Gehalteprestasie-toekenning in China vir 2015, asook die Eame-Verskaffer van die Jaar logistieke toekenning, ook vir 2015, ontvang.
Mnr. Paolo Pompei, voorsitter van landbou- en bosboubande by Trelleborg Wheel Systems, het gesê: “Hierdie dubbele erkenning van Trelleborg as vennoot van AGCO is ‘n uitsonderlike prestasie vir ons. Dis ‘n getuigskrif van die toewyding wat ons met AGCO deel om die doeltreffendheid, produktiwiteit en volhoubaarheid van boerdery in die toekoms te verbeter. Ons is uiters trots op hierdie toekennings, veral omdat dit erkenning gee aan die reuse-pogings wat Trelleborg aanwend om gesamentlike inisiatiewe met AGCO te steun.”
Die Beste Gehalteprestasie-toekenning in China is in November toegeken by AGCO se aanleg in Chanzhou, tydends die eerste plaaslike AGCO-verskaffersdag. Die toekenning is gedoen aan Sandy Lio, Trelleborg Wheel Systems (landbou- en bosboubande) se senior verkoops- en bemarkingsbestuurder in China.
Trelleborg steun sedert 2011 AGCO se globale platformstrategie, toe hy ‘n vervaardigingsaanleg in China geopen het vir AGCO se globale trekkerreeks – ‘n bewys van hul volle ondersteuning van Agco se plan om produksie in China uit te brei.
Die Agco Eame 2015- Verskaffer van die Jaar-toekenning in die logistieke kategorie is ook in November aan Trelleborg toegeken by AGCO se Fendt-aanleg in Marktoberdorf, Duitsland.
Pompei het toe gesê: “Die Verskaffer van die Jaar-logistieke toekenning het aan Trelleborg gegaan omdat ons aan al AGCO se vereistes voldoen: Buigbaar om aan te pas, deursigtigheid in die verskaffing van logistieke dienste, voortgesette verbetering en die wyse waarop ons kommunikeer. In 2015 het Trelleborg ‘n duidelike verbintenis getoon om produksie en lewering aan te pas in ‘n veranderende markomgewing met die implementering van top- logistieke prosesse om A AGCO se daaglikse behoeftes, globale voetspoor en langtermynstrategie te steun.”
* AGCO is ‘n wêreldleier in die ontwerp, vervaardiging en verspreiding van landboutoerusting.