Die Vaalwater-veteraanskou word vanjaar op 11 en 12 Julie op die walle van die Mogolrivier, sowat twee kilometer buite die dorp op die Ellisras-pad, gehou.
Volgens mnr. Attie Lourens word 'n aanslag vanjaar op die nasionale rekord gemaak vir die grootste getal Vaaljapie-trekkers met implemente wat nóg op een plek vertoon is.
Enigiemand met veteraanvoertuie, -trekkers, -enjins en ander ou gebruiksartikels is welkom om dit na die skou te bring. Behalwe vir al die ouderwetshede word daar ook perdesport, kosstalletjies en demonstrasies aangebied.
Meer inlgting is beskikbaar by mnr. Lourens by tel.: 014 755 3760. 26 Junie 2008
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.