AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Verskuifbare hok ook kweekhuis

'n Veeldoelige verskuifbare hok kan kleinboere help om winsgewend op min grond te boer.

'n Uitvinding wat kleinboere kan help om winsgewend te boer op min grond. Só sien dié varkboer sy veeldoelige verskuifbare hok.

'n Varkboer van die distrik Stellenbosch het 'n verskuifbare hok ontwerp wat vir verskeie doeleindes gebruik kan word. Dit kan winsgewende boerdery moontlik maak vir mense wat nie toegang tot groot en duur hulpbronne het nie.

Mnr. George Fisk het op grond van sy eie ervaring met varkboerdery meer as twee jaar gelede met die ontwikkeling daarvan begin en 'n voorlopige patentreg (2003/6350) op die konsep uitgeneem. Hy noem dit die Free Ranger.

Die idee van dié hok is om dit vir mense op die platteland wat min grond en infrastruktuur het, moontlik te maak om volhoubaar en winsgewend te boer. Met 'n paar van dié hokke op 'n klein stukkie grond kan 'n mens 'n hele boerdery bedryf.

Hy het dit spesifiek vir vark- en hoenderboerdery ontwerp, maar glo enige dier, van kalwers tot vliegduiwe, kan met 'n paar aanpassings daarin gevestig word. Dit kan ook in 'n woonplek vir mense omskep word deur dit met duursame materiaal, soos sinkplaat, te bedek. Die hok kan sowat 400 hoenders huisves en sowat 30 groeivarke, na gelang van of die varke net gras vreet of bykomende kos gegee word.

Die hok het 'n staalraam en is 3,5 meter breed en 8 meter lank. Fisk sê dit kan na gelang van die boer se behoeftes in enige grootte ontwerp word. Die komponente van die hok maak dit moontlik om dit maklik aanmekaar te sit en uitmekaar te haal. Die onderste deel van die struktuur is 1,28 m hoog sodat 'n vark nie daaroor kan spring nie en is met sterk diamantvormige maasdraad bedek. Die boonste deel van die hok is 1,38 m hoog. Die hele hok is met skadunet bedek, wat op- en afgerol kan word.

In die hok is hangplek vir kos- en waterbakke. Vir watervoorsiening het Fisk 'n drupstelsel geïnstalleer wat meer as een punt bedien. Dit werk met gravitasie en benodig twee waterdromme van 200 liter elk wat op 'n staander geplaas word.

Die hok se basis kan met wiele toegerus word of op 'n slee geplaas word. Die Free Ranger kan maklik deur twee osse of perde gesleep word of deur een of twee mense getrek of gestoot word om dit na die regte plek te verskuif. Die hok hoef nie skoongemaak te word nie en is besonder omgewingsvriendelik. Die varke sal self van enige afval ontslae raak óf dit sal in die grond opgeneem word.

Die varke "ploeg" die grond op 'n natuurlike wyse en met die mis wat oorbly as die hok verskuif word, is daardie stuk grond ideaal vir die kweek van groente.

Die hok kan ook as kweekhuis gebruik word deur net die regte soort skadunet aan die raam te heg.

Fisk het onlangs 'n toekenning van 'n Sweedse groep gewen vir sy ontwerp. Hy glo dié konsep kan ontwikkel word tot voordeel van hulpbronarm boere oor die hele vasteland van Afrika.

  • Navrae: Tel. 021 884 4691 (na-ure) of sel 072 480 7020.

    20 Augustus 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.79
    +0.0%
    Rand - Pond
    21.97
    -0.1%
    Rand - Euro
    19.34
    -0.2%
    Rand - Aus dollar
    11.90
    -0.0%
    Rand - Jen
    0.13
    +0.0%
    Platinum
    991.31
    0.0%
    Palladium
    1,460.24
    0.0%
    Goud
    1,969.50
    0.0%
    Silwer
    24.11
    0.0%
    Brent-ruolie
    79.89
    +1.6%
    Top-40
    70,498
    -0.8%
    Alle aandele
    76,100
    -0.8%
    Hulpbronne 10
    66,234
    -1.9%
    Industriële 25
    102,950
    -0.3%
    Finansiële 15
    15,496
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Spontaan en lief vir kamp en road trips
    Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
    Go-getter
    Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot