AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vertroetel goeie ou windpomp

Windpompe het gereelde onderhoud nodig om behoorlik te funksioneer, maar tog word dit dikwels afgeskeep.

Windpompe is 'n alledaagse verskynsel op plase en dorpe. Tog word windpompe dikwels afgeskeep. Dit het gereelde onderhoud nodig om behoorlik te funksioneer.

Windpompe is oral langs die land se paaie, op plase en in dorpe te sien. Hulle word vereenselwig met die plaas- en plattelandse lewe in Suid-Afrika. In yl bewoonde streke, soos die Karoo, is hulle dikwels die enigste aanduiding wat verklap dat daar darem mense ook woon.

Tog is dit verbasend hoe min mense daaraan dink dat hul windpompe onderhewig is aan slytasie, en ook soms nuwe olie en algemene onderhoudswerk nodig het, sê mnr. Hannes Esterhuizen van Richmond in die Karoo.

Hy is die eienaar van Oryx Business Trust, een van die min ondernemings in die land wat windpompe herstel en versien.

Esterhuizen het sowat ses jaar gelede besef dat baie boere 'n groot gebrek aan kennis van windpompe het. Talle windpompe in daardie droë deel van die land werk swak of glad nie. Wanneer ondersoek ingestel word, is dit dikwels 'n klein probleempie of bloot 'n gebrek aan onderhoud wat veroorsaak dat die windpomp nie meer lewensbelangrike water lewer nie.

Min boere besef hoe gereelde onderhoudswerk die lewe van hul windpompe op die plaas kan verleng.

'n Windpomp is dikwels die mees verwaarloosde meganiese ding op die plaas, meen hy.

Die basiese beginsels van goeie windpomponderhoud is die volgende :

  • Windpompe het minstens een keer per jaar goeie versiening nodig.

  • Alle boute aan die wiel en toring moet jaarliks nagegaan word, want windpompe is onderhewig aan uiterste toestande van hitte en koue, stormwinde en reën.

  • Windpompe moet een keer per jaar nuwe windpompolie kry. Dit is baie belangrik dat windpompolie gebruik word en nie motorolie nie. Die ergste wat hy soms teëkom, is dat ou gebruikte olie wat uit 'n motor of bakkie kom, sommer as windpompolie gebruik word. Motorolie neem materiaal op wat slytasie veroorsaak en dit bly in sirkulasie. In motors word sulke materiaal deur die oliefilter opgevang, maar omdat 'n windpomp nie 'n filter het nie, bly dit in die olie en slytasie word daardeur vererger. Windpompolie is 'n natuurlike olie sonder bymiddels waarin die deeltjies afsak in die oliebak en dus nie in sirkulasie bly nie. Windpompe se oliebakke neem 1,5 l tot 6 l olie, na gelang van die fabrikaat en grootte van die windpomp.

  • Tydens die jaarlikse versiening moet die ratte en ander bewegende dele ondersoek word vir breekskade en slytasie en - indien nodig - vervang word.

  • Wanneer die ou olie afgetap word, moet die ratte verwyder word om dik en aangepakte olie onder in die ratkasomhulsel te verwyder voordat nuwe olie ingetap word.

  • Laers moet gereeld smeermiddels (ghries) kry om slytasie te verminder.

  • 'n Windpomp se remstelsel is baie belangrik en as dit nie behoorlik werk nie, kan dit tot skade lei. As die wind byvoorbeeld teen 100 km/h waai, moet 'n windpomp se wiel behoorlik gerem word, want as die wiel teen so 'n vinnige spoed draai, is groot skade die boer se voorland. Die remstelsel moet dus gereeld nagegaan word.

  • Windpompe moet nie onnodig loop nie. Outomatiese remstelsels is derhalwe die beste, want dit rem die windpomp outomaties wanneer die dam vol is sodat dit nie onnodig aanhou draai nie.

    Esterhuizen sê dit neem gemiddeld tot 120 minute om 'n normale versieningsdiens op 'n windpomp te doen mits dit in 'n goeie werkende toestand is. 'n Gemiddelde diens kos sowat R250, maar 'n hersteldiens om 'n erg verwaarloosde windpomp weer goed te laat werk, kan 'n boer tot R10 000 uit die sak jaag.

    'n Windpomp van 'n gemiddelde grootte en 'n wiel van 3,3 m in deursnee kos vandag sowat R15 000. Dit sou daarom dom wees van 'n boer om só 'n belegging eenvoudig te verwaarloos en te laat agteruitgaan. Water is belangrik, en 'n windpomp wat nie behoorlik werk nie, kan nie behoorlik water pomp nie.

    Esterhuizen het 'n windpomp op mnr. Vettie Esterhuizen - sy pa - se plaas Poortjie in die distrik Victoria-Wes deeglik opgeknap toe Landbouweekblad daar was. Nadat hy die kop, stert en wiel afgehaal en onderhoudswerk op die grond gedoen het, is alles weer stelselmatig volgens 'n sekere volgorde inmekaar gesit sodat dit tot op die toring opgehys kan word.

    Die eerste stap om alles weer terug in posisie te kry, is om die ratkasomhulsel met die ratte daarbinne met 'n ketting aan 'n katrolstelsel te koppel, soos in foto 1 gesien kan word.

    Hierna moet die stert aangesit word. Die stert word aan die kop gekoppel, en dan met 'n ketting - gewoonlik 'n deel van dieselfde ketting waarmee die kop aan die katrol gekoppel word - op só 'n manier vasgemaak dat die wiel en stert in balans is vir die ophys-slag. Foto 2 toon hoe die stert vasgemaak moet word in 'n posisie 180 ° teenoor die wiel, wat laaste aangesit word voordat alles na bo gehys word.

    Op foto 3 plaas Esterhuizen die wiel se speke in posisie sodat die vellings daaraan gekoppel kan word. Wanneer die vellings aangesit word, moet gesorg word dat velling twee aan die buitekant van velling een gekoppel word, en velling drie aan die buitekant van velling twee, soos foto 4 op bl. 31 aantoon.

    Die laaste seksie, velling ses, se punt word aan velling een gekoppel (foto 5 op bl. 31). Dit is belangrik dat velling ses se punt aan die binnekant en velling een s'n aan die buitekant gekoppel word om die wiel in balans te kry.

    Nadat die wiel aanmekaar gesit en aan die ratkasomhulsel gekoppel is, kan alles met die katrol opgehys word. Die katrolstelsel is bo-op die toring aan 'n spesiale "pyp-arm" vas, wat met klampe aan die toring gekoppel word. Dit sorg dat die kop met wiel en stert nie regstreeks teen die toring opgehys word en dalk kan seerkry nie, maar dat dit 'n entjie weg van die toring af opgehys word, soos foto 6 op bl. 31 en foto 7 hierbo aantoon.

    As die kop in posisie is, word dit met 'n sluitmoer vasgedraai en die kopstaaf word gekoppel.

    Die wiel word hierna stadig met die hand in die rondte gedraai om te kyk dat die ratte reg werk. Nou kan windpompolie ingegooi en die deksel van die ratkas bo-oor die kop vasgeskroef word (foto 8).

    En, siedaar, 'n gelukkige windpomp wat 'n versieningsdiens gehad het wat hom die volgende jaar doeltreffend water uit die droë Karoogrond sal laat pomp.

    Eintlik is dit baie eenvoudig, sê Esterhuizen. Die boer hoef net die volgende te onthou: Kyk gereeld dat alle boute vas is en sorg dat die windpomp se olie reg is. Dan sal die windpomp soveel beter diens lewer.

    6 Augustus 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.10
    +0.3%
    Rand - Pond
    22.30
    +0.5%
    Rand - Euro
    19.63
    +0.3%
    Rand - Aus dollar
    12.10
    +0.6%
    Rand - Jen
    0.14
    +1.8%
    Platinum
    967.40
    +0.8%
    Palladium
    1,436.35
    +1.4%
    Goud
    1,963.81
    -0.5%
    Silwer
    23.33
    +0.0%
    Brent-ruolie
    78.65
    +0.7%
    Top-40
    70,865
    +0.6%
    Alle aandele
    76,480
    +0.6%
    Hulpbronne 10
    66,658
    +0.3%
    Industriële 25
    103,311
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,614
    -0.1%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Opsoek na liefde
    Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
    Kom ons skryf ons eie roman
    Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot