Sonder 'n sertifikaat van die Vehicle Security Association of South Africa (Vesa) wat jou motor se sekuriteitstelsel akkrediteer, is dié stelsel nutteloos. Versekeringsmaatskappye vereis 'n goedgekeurde stelsel wat deur 'n geakkrediteerde onderneming geïnstalleer is en kan weier om 'n eis uit te betaal of bybetalings verhoog as 'n kliënt nie 'n Vesa-sertifikaat kan toon nie.
Vesa is vir die afgelope 22 jaar die Suid-Afrikaanse motorsekuriteitsmark se beheerliggaam. Volgens dié organisasie behoort alle voertuigsekuriteitstelsels aan 'n basiese standaard te voldoen, deur 'n geakkrediteerde onderneming geïnstalleer te word en moet 'n sertifikaat aan die voertuigeienaar gegee word.
Bel Vesa by tel. 011 315 3588 of gaan na www.vesa.co.za vir meer inligting.
11 Maart 2009