AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Vrou tussen die trekkers

In 'n wêreld vol kragtige masjiene en staal waarin mans tradisioneel werk, wys ‘n fyn vrou hoe sy haar man kan staan.

In ‘n wêreld vol kragtige masjiene en staal waarin mans tradisioneel werk, wys ‘n fyn vrou hoe sy haar man kan staan.

Me. Janalize Barnard, opleidingsbestuurder vir John Deere se Sub Sahara-Afrika-afdeling, is in beheer van handelaarsopleiding wat tegnici, verkoops- en onderdelepersoneel in John Deere se netwerk van 48 lande insluit. Sy is een van net twee vroue wat senior bestuursposisies in John Deere beklee.

Haar daaglikse werk fokus daarop om te verseker dat gehalte-opleiding aan die John Deere-handelaarsnetwerk gelewer word, asook om op die hoogte te bly met veranderings en tegnologie van die maatskappy se trekkers, stropers, spuite, planters en dies meer. Sy is die hoof van ‘n span van twee vroue en vyf mans. Een van die vroue hanteer administrasie, die ander is saam met die span mans ‘n instrukteur wat tegnici, personeel by handelaars en verkoopslui oplei.

Plaaskind gaan stad toe
Barnard se grootste uitdagings in dié wêreld het sy egter oorkom ná sy besluit het om die stof van die plaas en die platteland vir die stad met sy duisende liggies te verruil.

Sy is in 2008 as die eerste vroulike streekbestuurder by John Deere van landboumasjinerie vir die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap aangestel. “Ek het harde klippe gekou om myself in dié pos te bewys. Ek dink vroue moet partykeer dubbel so hard werk om hulleself te bewys in velde waar hulle voorheen nie gewoonlik gewerk het nie.”

Familie is baie belangrik vir Barnard, en sy sê haar agtergrond het haar baie gehelp om die landbouwêreld te verstaan. Barnard is ‘n boorling van Hoopstad, waar sy op die familieplaas, Vlakplaas, groot geword het. Barnard sê haar ouers, Koos en Elize, en haar broers, Janes, Abraham en Kobus, boer tans saam op die plaas. Die Barnard-familie het die plaas in die 1930’s gekoop, en die derde generasie boer tans daar.

Foto-byskrif: Janalize by 'n John Deere S 660-stroper.

‘Boere sit daagliks kos op ons tafels’
Barnard sê dié agtergrond help haar om in kontak te bly met wat op grondvlak in die landbou gebeur. “Om te weet wanneer om vir reën te bid of hoe om dankbaar en opgewonde te wees oor goeie reën of ‘n goeie oes. Dis wat ek ken. Boere sit daagliks kos op ons tafels. As dit met hulle sleg gaan, het dit ‘n direkte invloed op ons sakebelange.”

Haar broers het haar ook baie ondersteun deur seker te maak sy weet hoe landboumasjinerie werk. Sy is gereeld in die plaas se werkswinkel ingejaag terwyl daar aan toerusting gewerk is.

Voor Barnard deel van die “groen” span geword het, het sy ‘n nasionale diploma in besigheidsadministrasie aan die Technikon van die Vrystaat voltooi. Daarna het sy vir ‘n motorhandelaar en John Deere-handelaar gewerk en vir twee en ‘n half jaar passasiers op vliegtuie in Suid-Afrika en Afrika as ‘n lugwaardin bedien.

Vliegtuie was haar droom
“Die Kaapstadse vliegroete gaan oor ons plaas, en toe ek klein was het ek altyd gesê ek wil op een van daardie vliegtuie gaan werk,” vertel sy.

Barnard sê hoewel sy vele uitdagings as ‘n lugwaardin te bowe moes kom, het dit haar waardevolle lewenslesse geleer. ‘n Passasier op ‘n vlug in Afrika was ontevrede met sy kos, en het sy pasta op haar uitgegooi. Op ‘n ander vlug moes sy sigarette by passasiers afneem wat op ‘n vlug gerook het!
 

Foto-byskrif: Janalize by 'n John Deere 8285 R-trekker.

“As ek ‘n goue draadjie tussen dit en my werk by John Deere moet trek, sal dit wees dat jy in beide moet weet hoe om met mense te werk en goeie menseverhoudinge te bou. Terwyl ek ‘n lugwaardin was het ek in kontak gekom met mense van vele verskillende kulture met verskillende gewoontes en persoonlikhede, en dit het my baie geleer oor hoe om met mense te werk.”

Tale en passie
Nóg ‘n uitdaging wat Barnard te bowe wil kom, is om haarself in vreemde tale te kan uitdruk. Baie van die handelaars en tegnici praat Frans of Portugees in Afrika suid van die Sahara. Van die instrukteurs kan dié twee tale praat, maar Barnard sê sy en haar groep neem lesse in Franse sodat hulle hulleself in dié taal kan uitdruk. Portugees kan volgende op die lys wees.

John Deere se Waterloo-masjinerie reeks, wat by die Waterloo-aanleg in Amerika vervaardig word, is Barnard se gunsteling-produkte. “Dis die vlagskip-produkte vir my. Die 7, 8 en 9 R’e – dis net pragtig!” Barnard sê sy dink hulle sukses berus op passie. “Mense is trots op hulle werk en op die handelsmerk. Ons bloed is groen!”

Hoewel sy nie maklik haar land en haar mense sal verruil nie, is een van haar drome om in John Deere se hoofkantoor vir streek 1, wat Afrika, China, Indië en Asië insluit, te gaan werk.

Barnard glo dat ‘n mens jouself moet verryk en nooit in die lewe of ‘n werk moet stagneer nie, en met een blik na haar lewensverhaal tot dusver, is dit duidelik dat sy presies dít doen.

26 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot