AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Waterstof-trekker laat die oë rek

Die dreun van trekkers gaan iewers in die toekoms iets van die verlede wees - met die koms van hierdie trekker.

Die tradisionele gedreun van trekkers en die kenmerkende reuk van dieseldampe gaan iewers in die toekoms iets van die verlede wees.

Die waterstof-aangedrewe trekker van New Holland was een van die groot trekpleisters by vanjaar se Nampo-Oesdag. Boere het gereeld om dié trekker saamgedrom en NH-personeel moes soms bontstaan om al die vrae te beantwoord.

Die tergendste vraag was natuurlik: Hoe werk dié nuwe generasie NH2™-waterstof-aangedrewe trekker? Onder die oop enjinkap was geen teken te bespeur van die tradisionele enjin wat so eie is aan elke trekker op elke plaas nie. Al wat onder die enjinkap te bespeur is, ’n lugfilter aan die voorkant met ’n ronde tenk waar die tradisionele trekker se enjinblok sou wees. (Sien skets hieronder en die video.)

Dis moontlik juis die afwesigheid van ’n binnebrand-enjin wat die wind uit ’n mens se seile haal as jy dié trekker die eerste keer sien. Wat ook aan die NH2™ ontbreek, is ’n dieseltenk, ’n uitlaatpyp en ’n ratkas. Die vertoontrekker op Nampo is nooit aangeskakel nie, maar New Holland sê dit werk geruisloos, teen 55 desibel. (’n Yskas loop teen sowat 50 desibel!)

Waterstof as brandstof
Eie brandstof vir die trekker is waterstof, en daar is ’n 110 liter-tenk waarin die waterstof saamgedra word. Die tenk se stoorvermoë is 8,2 kg waterstof teen 350 bar. Volgens ’n feitelys wat New Holland verskaf het, het waterstof die hoogste energie-komponent per eenheid massa van enige bekende brandstof. Wanneer waterstof met suurtstof reageer, is die neweprodukte hitte en water. Die proses om waterstof om te skakel na energie deur die gebruik van enjins of brandstofselle is veel meer doeltreffend as die gewone, bekende brandstof-eweknieë.

Die brandstofsel-stelsel skakel die waterstof na elektrisiteit om, wat die twee motors aandryf. Al wat die masjien uitlaat, is hitte en waterdamp.

’n Brandstofsel is ’n elektro-chemiese toestel wat hitte en water uit ’n brandstof, soos waterstof en suurstof, produseer. Anders as die tradisionele enjin, verbrand die brandstofsel nie die medium nie, en is dit skoner en meer doeltreffend.

Die trekker se kragbron:
Brandstofsel-tegnologie wek elektrisiteit op wat twee elektriese motors aandryf. Die een motor is om die trekker aan te dryf en die tweede motor is vir werktuie (aftakkrag). Dit lewer die werkverrigting wat van ’n konvensionele dieseltrekker van dieselfde grootte verwag word, maar met geen skadelike uitlaatvrystellings nie.

Kraglewering is op aanvraag beskikbaar, en die prototipe-trekker kan tans tot drie ure aaneen werk. Volgens New Holland beteken dit ook dat geen kragverliese sal voorkom nie. As jy die woema soek, is dit net daar, omdat die motors deur elektrisiteit aangedryf word. Die trekker het nie ’n koppelaar nie.

Die trekker is gebou op die formaat van die huidige T6000 en ontwikkel 75 tot 80 kW drywing.

Brandstof:
Volgens New Holland sal die brandstof vir die trekker – waterstof - veilig op plase in hoëdruktenks geberg word. Dit is dan gereed om as ’n skoon brandstof benut te word. Boere sal glo mettertyd ook hul eie waterstof op hul plase kan produseer.

Die eerste NH2™-werkeenheid sal later vanjaar by La Bellotta in Italië begin diens doen. La Bellotta is ’n energie-onafhanklike plaas. Die plaas genereer waterstof met behulp van windstelsels, sonpanele of biomassa- en biogas-verwerkingsmasjiene, wat dan gebruik word om die plaas en sy toerusting te laat loop.

Sal ’n mens daaroor wakker lê? Ja, ek sou, al is dit net om oor dié nuwe tegnologie te wonder. Kan jy jou indink dat die tradisionele gedreun van trekkers iewers in die toekoms vir altyd verby sal wees? Dat jy nooit weer die kenmerkende reuk van dieseldampe op jou werf sal inadem nie? Dalk is dit jou nie beskore nie, want New Holland meen dié trekkers sal eers teen 2020 kommersieel beskikbaar wees. Maar dis net om die draai.

Bron: New Holland-webwerf  en mededelings van New Holland-personeel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot