'n Gratis eksemplaar van die handboek, Meganisasiegids 2008, kan in November op Landbouweekblad se webwerf vir trekker-advertensies gewen word.
Die webwerf, www.trekkerwerf.co.za is geskep vir aanlyn advertensies van trekkers, stropers, ploeë en enige ander landboumasjinerie. Advertensies verskyn 'n maand lank op die webwerf.
Elkeen wat 'n advertensie voor einde November op die trekkerwerf plaas, kom in aanmerking vir die Meganisasiegids 2008, deur die bekende landbou-ingenieur, mnr. Koos le Roux.
Dié tweetalige gids is van dié nuttigste handleidings vir saaiboere in Suid-Afrika. Die gids só saamgestel dat die verskillende trekker-implement kombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van tabelle afgelees kan word in rand per uur of rand per hektaar.
Op een bladsy word die koste in rand per uur verskaf, en op die teenoorstaande bladsy word die koste in rand per hektaar verskaf.
Van die ander nuttige inligting wat in die gids vervat is, is dat die brandstofverbruik vir elke trekker-implement kombinasie in liter per uur of liter per hektaar aangedui word. In 'n volgende tabel word die brandstofverbruik in rand per uur of rand per hektaar aangedui.
Die gids bevat 159 bladsye.
Die wenner sal op Maandag, 1 Desember, aangewys word.
7 November 2008