
Promosie-Artikel:
Tubestone, wat die afgelope nege jaar bande aan die meeste handelaars in Suid-Afrika voorsien, bied groot pryse aan in ‘n kompetisie vir kliënte.
Tubestone het pas sy negende verjaardag gevier en daarom bied hy 'n opwindende kompetisie aan met die volgende as pryse:
• Eerste prys: 'n Week lange vakansie vir twee mense in Indië (besoek ook die Taj Mahal).
• Tweede prys: BKT bande ter waarde van R12 000.
• Derde prys: BKT bande van R8 000.
Die maatskappy bemark die afgelope nege jaar reeds buitebande in Suider-Afrika. Tubestone bemark ook die BKT-reeks trekkerbande vanaf Indië met groot welslae vir die afgelope ses jaar.
Tubestone voorsien meeste handelaars reg oor Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe en het takke in Bloemfontein, Durban, Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth. Daar is ook takke in Namibië, Botswana en Zimbabwe.
Volgens mnr. Pieter Kruger, besturende direkteur van Tubestone, is die maatskappy se missie om kwaliteit bande teen bekostigbare pryse aan klante te verskaf. "Daarom is dit belangrik dat ons maatskappy slegs met kwaliteit vervaardigers assosieer," voeg by by.
Drie reeds waarom eindverbruikers BKT bande met vertroue kan koop, is dat:
• Die produk deur twee finansieël gesonde maatskappye, naamlik BKT en Tubestone, gerugsteun word.
• Indien daar 'n probleem ondervind sou word, kan verbruikers gerus voel dat hul die nodige bystand sal ontvang om probleme so gou moontlik op te los.
• BKT bande vir groot maatskappye, soos Trelleborg, vervaardig.
Die volledige BKT-reeks sal tydens die Nampo-Oesdag vanjaar by die Tubestone-uitstalling ten toon gestel word. Twee nuwe produkte vir die landbousektor, wat hul spesiale besproeiingsbande en voorwielbande vir trekkers insluit, sal bekend gestel word.
Die besproeiingsbande (14.9-24 6PR) sal op die skou beskikbaar wees en direk aan boere verkoop word teen die spesiale skouprys van R2 200 per eenheid (BTW ingesluit).
Tubestone nooi alle boere hartlik uit om sy uitstalling op die Nampo-terrein by stalletjie 65B te besoek en om deel te neem aan die kompetisie. Boere kan ook as gebruikers op Tubestone se webwerf by www.tubestone.co.za registreer om in aanmerking vir die drie pryse te kom.
6 Mei 2010